![Permalink to Bloody agents (‘n ongelooflike filosofiese treurmare oor gelede werkwoorde) spanish-past-participles[1]](http://gormendizer.co.za/wp-content/uploads/2011/08/spanish-past-participles1-150x150.jpg)
Deelwoorde is bloody agents van die eerste water. Met die eerste oogopslag lyk hulle gewoonlik skadeloos. So skadeloos, trouens, dat 'n mens heel gereeld oor hulle by posh partytjies kan filosofeer. “Og!” sal jy kan proklameer (met 'n sidderende pinkie wat reikhalsend hunker na die hemele): “hulle is tog so werkwoordagtig!”