Archive for die matie

You are browsing the archives of die matie.

En nou’s dit ses jaar later

Ek sit in die serkaartjiery in die CJ Langenhoven-sentrum met my skootrekenaar en luister na Fokofpolisiekar. (Wel, nie terwyl jy dit lees nie, maar ek het terwyl ek dit skryf. ’Belowe.) Dis donker; die ligte is pas afgeskakel. Almal is feestelik, almal fuif. Almal is so jonk. Vir die eerste keer in ses jaar wag [...]

“Ek wil nie nog iets sê nie” – Van Niekerk, B

DJ: Ossewa

(click om te lees) (Die Matie, 1 Augustus 2007)

en my bene lam / wulps soos wankelstompe

(Die Matie, 2 Mei 2007)

Bedlam/en/tasies

(Die Matie, 22 Maart 2007)

Voorskou #4

‘n Gekke man het eendag vir my gesê ek en my kussing rafel uit en hoort onder ‘n groen dak. Om meer spesifiek te wees, het hy gesê, hoort ons in een van daardie kamertjies met die baie kussings teen die mure. Dit het vir my al te aangenaam geklink, maar my kussing was nie [...]

Sensitiewe origheid

Soos belowe, hier is die res van Stultus #3. Wys dit vir jou ouma. (Click om te lees)

Voorskou

(Nominasies vir die SA Blog Awards is nou oop.) ‘n Paar aande gelede het ek doodluiters in ‘n bossie voor Admin-A gepiepie. Niemand (behalwe ‘n goeie vriend wat kywie gehou het) het my gesien nie; in totale verlatenheid kon ek, met ‘n BP pie onder die blad, ‘n uitgelate straaltjie van tevredenheid na buite wend [...]

‘peupel jou hier, ‘peupel jou daar…

Is jy talentvol? Is jy gemotiveerd? Smag jy na die glanslewe van rocksterre, die lywe van supermodelle en die vernuf van die Pous se toespraakskrywers? Droom jy soms dat Suid-Koreaanse suiwelfabrieke na die mos in jou koffiebeker se boom vernoem word? Post dan ‘n idee vir die volgende Stultus© as kommentaar op hierdie entry. Dis [...]

Stultus herrys

In my matriekjaar het ek Naspers se nasionale prys vir “beste rubriek in ‘n skoolkoerant” gewen. My Engelse juffrou het van my skryfwerk agter my rug ingestuur – toe ek weer my oë uitvee, was ek bo-op ‘n baie hoë gebou in Kaapstad, kliphard besig om vingeretes te verorber. Nou, na amper drie jaar se onthouding van rubrieke neerpen, is ek [...]