Tag Archives: die matie

Voorskou #4

'n Gekke man het eendag vir my gesê ek en my kussing rafel uit en hoort onder 'n groen dak. Om meer spesifiek te wees, het hy gesê, hoort ons in een van daardie kamertjies met die baie kussings teen die mure. Dit het vir my al te aangenaam geklink, maar my kussing was nie [...]

Posted in Matieland | Also tagged | 3 Comments

Sensitiewe origheid

Soos belowe, hier is die res van Stultus #3. Wys dit vir jou ouma. (Click om te lees)

Posted in Matieland | Also tagged | 7 Comments

Voorskou

(Nominasies vir die SA Blog Awards is nou oop.) 'n Paar aande gelede het ek doodluiters in 'n bossie voor Admin-A gepiepie. Niemand (behalwe 'n goeie vriend wat kywie gehou het) het my gesien nie; in totale verlatenheid kon ek, met 'n BP pie onder die blad, 'n uitgelate straaltjie van tevredenheid na buite wend [...]

Posted in Matieland | Also tagged , , | 10 Comments

‘peupel jou hier, ‘peupel jou daar…

Is jy talentvol? Is jy gemotiveerd? Smag jy na die glanslewe van rocksterre, die lywe van supermodelle en die vernuf van die Pous se toespraakskrywers? Droom jy soms dat Suid-Koreaanse suiwelfabrieke na die mos in jou koffiebeker se boom vernoem word? Post dan 'n idee vir die volgende Stultus© as kommentaar op hierdie entry. Dis [...]

Posted in Matieland | Also tagged | 2 Comments

Stultus herrys

In my matriekjaar het ek Naspers se nasionale prys vir “beste rubriek in 'n skoolkoerant” gewen. My Engelse juffrou het van my skryfwerk agter my rug ingestuur – toe ek weer my oë uitvee, was ek bo-op 'n baie hoë gebou in Kaapstad, kliphard besig om vingeretes te verorber. Nou, na amper drie jaar se onthouding van rubrieke neerpen, is ek [...]

Posted in Matieland | Also tagged , | 4 Comments