Tag Archives: e-pos

e-pos #FAIL

Een van die meer frustrerende dinge van 'n kantooromgewing is dat mense e-pos gebruik om konflik (of sommer net werk oor die algemeen) te vermy en verantwoordelikheid van hulself af te probeer skuif. (Waarskynlik sodat hulle verder kan Facebook.) As jy in 'n kantooromgewing werk, weet jy waarvan ek praat*: Goeiemiddag, Jaap! Dankie vir jou [...]

Posted in Sommer | Also tagged , , , | 6 Comments

Wat ‘n vreesaanjaende, byderwetse skoktaktiek!

Met apologie aan almal vir wie ek onder normale omstandighede baie respek het. Wanneer ek die volgende woorde oor die US-raadsverkiesing (wat tans aan die gang is) in Die Burger lees, is dit vir my moeilik om nié te wil dink: og, te kostelik! nie: Die Burger het gister berig oor twee groepe wat spesifieke [...]

Posted in Matieland | Also tagged , , | Leave a comment

Die geval van die kriptiese Shaik

Die Burger het onlangs 'n nuwe webtuiste gekry. Dis in wese maar 'n kopie van News24 / Nuus24 en sukkel (myns insiens) nog om 'n behoorlike identiteit te vind, maar dis 'n langverdiende treë vorentoe van die vorige aborsie van 'n webtuiste. Loer gerus na die source code as jy kans kry – dis veel [...]

Posted in Media | Also tagged , , , , , , , , | Leave a comment

Koeverte: dooie metafore

Soos tale groei, ontwikkel nuwe metafore vir nuwe ervaringe. Met gereelde gebruik verander hierdie metafore later in “dooie metafore“, idiomatiese uitdrukkings wat gebruik word sonder dat die oorspronklike betekenislading van die metafoor bedoel of verstaan word. 'n Voorbeeld hiervan in Afrikaans is die uitdrukking: “in duie stort”. Die oorsprong van die uitdrukking is te vinde [...]

Posted in Taal | Also tagged , , , , , , , , | 18 Comments

Gebruikersirritasie 101

Die volgende e-pos van die Universiteit Stellenbosch se IT-afdeling pryk tans in my indoos: Hierdie is 'n automatiese boodskap om u daaraan te herinner dat u wagwoord verval. U Stellenbosch gebruikersnaam ’14389290′ se wagwoord verval in 5 dae. Verander u wagwoord asseblief vroegtydig. Verander u wagwoord deur na http://www.sun.ac.za/useradm te gaan. U wagwoord MOET aan [...]

Posted in Matieland | Also tagged , , , , , | 9 Comments