![Permalink to Brood. Jy skryf hom in Ruby on Rails. Srsly. homeless-coder[1]](http://gormendizer.co.za/wp-content/uploads/2011/03/homeless-coder1-150x150.jpg)
Jason Bagley, 'n Kaapse entrepreneur, het onlangs oor Suid-Afrikaanse startups op sy blog gekla. Sy beswaar? Die ondernemings wat deesdae die kollig kry, is óf na-apers of glad nie winsgewend nie. Hy noem vier maatskappye – Twangoo, Yola, Evly en Springleap – en verduidelik kortliks hoekom elkeen nie volgens hom die paal haal nie.