Johan Swarts » etiquette

Bloketiket – ‘n begin
Min is al in Afrikaans geskryf oor bloketiket. Ons ploeter nog voort asof ons ons opponeerbare duime gister eers ontdek het – gelukkig meermale met 'n goeie skoot Calvinisme wat tot ons redding kom. (Jy kan sê daarvan wat jy wil; dit gee mense ten minste goeie maniere.) Die volgende is my gedagtes oor die onderwerp en, hoewel dit nie noodwendig gesaghebbend is nie, hoop ek iemand kan daarby aanklank kan vind. Dit sal lekker wees as ander bloggers ook kan begin deelneem aan die gesprek en hulle eie gedagtes oor die kwessie deel.

In geen spesifieke volgorde nie, hier is 'n paar riglyne vir goeie blogetiket:

Inhoud

Probeer die versoeking weerstaan om iets kontroversiëel te skryf ten einde aandag of trefslae te kry. Gee jou lesers kwaliteit inhoud, eerder as niksseggende kwantiteit. Selfs al skryf jy uitsluitlik oor jou eie lewe is dit 'n belangrike beginsel – net omdat iets met jou gebeur het, gaan dit nie vir ander mense interessant wees nie. Filtreer jou lewe; selekteer en kombineer die gegewens wat jy dink ander mense graag sal wil lees. En wees vrygewig:

Niemand gaan jou teks lees as dit soos tien ton tofu lyk nie…

Link. Link. Link. Leer die korrekte sintaksis van 'n HTML anchor aan. As jy 'n blogger se naam noem, doen die moeite om dit in 'n skakel na sy blog te omskep. Die internet het nie 'n geslote kwota trefslae nie en jy is nie in kompetisie met ander bloggers daarvoor nie. Hoe meer links jy uitstuur, hoe meer behoort jy terug te kry.

Link na jou nuusbronne. Iewers het 'n joernalis (hopelik) baie moeite gedoen om sy of haar feite te verifiëer. Moet dit nie verkondig asof jy dit op jou eie ontdek het nie.

Moenie skakels in nuwe windows oopmaak nie.

Moet onder geen omstandighede teks se kleur verander om dit te beklemtoon nie. Dit lyk soos skakels en lei na frustrasie.

Neem jou lesers in ag:

Proeflees voor jy publiseer. Hoe meer, hoe beter.

Bywoorde is jou vyand. Kom tot die punt.

Behalwe as dit jou forté is, bly weg van uitermatige lang inskrywings. Navorsing toon aan mense gaan dit in elk geval nie lees nie. Alternatiewelik kan jy 'n more tag by 'n lang inskrywing voeg (soos ek met hierdie een gedoen het) om lesers aan te moedig om tog deur alles te gaan.

Paragrafeer. Niemand gaan jou teks lees as dit soos tien ton tofu lyk nie.

MOENIE OP JOU LESERS SKREE NIE!!!! DISSIE COOLIE!!!!!! AL LYK DIT OULIK SAAM MET PRENTJIES VAN HONDJIES EN KATJIES IN PIENK GRAS!!!!!!!!!!!!!!!

Wenk: Skryf (behalwe as jy suksesvol agter 'n nom de plume kan skuil) vir jou toekomstige baas. As jy eers op die “publiseer”-knoppie gekliek het, is jou woorde binnekort vir ewig (till world wide amish EMP-terrorists do us part) beskikbaar vir die hele wêreld. Waak teen 'n lekker bekuitspoelsessie oor Maatskappy X en haar onbevoegde binnewerke – jy word dalk net eendag 'n pos daar aangebied. Google het 'n vreemde manier om ou koeie uit die sloot te sleep. (Goeie, geldige kritiek aangaande Maatskappy X is natuurlik 'n ander storie, maar moenie verbaas wees as Maatskappy X jou eendag steeds nie wil aanstel nie.)

Kommentaar

Kommentaar is die lewensbloed van 'n blog. Goeie kommentaar moedig gesprek aan, gesprek is 'n katalisator om nuwe idees uit te ruil, nuwe idees lei tot nuwe inhoud, nuwe inhoud lei tot 'n beter blogosfreer vir almal. 'n Paar idees:

Speel mooi. Moenie 'n blogger se karakter afkraak as jy nie met sy standpunt saamstem nie. Moenie eers die standpunt afkraak as jy nie daarmee saamstem nie. No one likes a flamer.

Die lewe  was nooit bedoel om 'n  bietsfaait te wees nie

Moenie kommentaar los net sodat iemand jou blog sal besoek nie. Bly weg van “Haai daar, cool blog! Kom check myne uit!!”-boodskappies.Doen moeite om die inskrywing te lees en sinvolle kommentaar te los.

Moenie kommentaar uitwis nie. Behalwe as dit eksplisiete haatspraak, spam of uiters irrelevante idees bevat, kan die uitwis van kommentaar mense vinnig ontmoedig om in die toekoms weer te kom lees wat jy skryf.

As iemand antwoord, antwoord terug.

Die lewe was nooit bedoel om 'n bietsfaait te wees nie. Don’t make it one. Onthou onder alle omstandighede dat blogs altyd meer kan baat by nugter gesprekke as digitale pogings om jou ego te vergroot.

Grafika

Hou bandwydte in gedagte. Omdat nie almal 'n ADSL-lyn besit nie, is dit nie altyd wenslik om elke dag 'n massiewe foto op te laai nie (behalwe natuurlik as jy 'n foto- of videoblog het). Probeer ook waar moontlik (waar kopiereg dit toelaat) grafika op jou eie webspasie laai. Dit resulteer normaalweg in 'n vinniger webtuiste en leech nie ander mense se bandwydte nie.

Gebruik grafika spaarsamig. Mense stel belang in jou woorde, nie jou über-micro met JPEGS nie.

As jy genoeg webspasie het, probeer altyd twee weergawes van groot foto’s oplaai: een oorspronklike en een afgeskaalde weergawe. Sit die afgeskaalde weergawe in jou inskrywing en link dit om die beurt na die groot foto. Sodoende laai jou blog vinniger en wag jou lesers korter – wat altyd 'n goeie ding is op die internet. (Mense kan gaan waar hulle wil in die kuberruimte; as een inskrywing twintig sekondes neem op alles te vertoon, is die kans groot dat hulle 'n volgende een sal lees.)

Wenk: Vind uit hoe wyd jou content area is en gebruik dit as 'n maatstaf vir die maksimum wydte van enige grafika wat jy wil publiseer. (Myne is 571px; gevolglik is al my afgeskaalde weergawes van hoë resolusie-grafika 571px wyd.)

Wenk: Dis nie nodig om kopiereg te skend om jou woorde met beelde te komplimenteer nie. Daar is verskeie gratis webtuistes met hoë kwaliteit stock footage. Probeer byvoorbeeld stock.xchng.

Daarsy. Meer het ek eers nie te sê nie, behalwe: elke outjie maak 'n foutjie. As iemand kop verloor, is dit seker nie nodig om hom daarvoor te onthoof nie. Laat verdraagsaamheid seëvier. Los gerus bykomende idees via kommentaar as jy dink iets moet by hierdie lys bygevoeg word.

In my eie soektog na ander mense wat hieroor dink, het ek verskeie opinies teëgekom. Die volgende artikels is veral die moeite werd om te lees:

Metascene – Ten Tips for Building a Bionic Weblog

Ward-O-Matic – Etiquette for the blogging nation

Pete Babb – Blog Etiquette: Top 10 dos & don’ts

Moontlik verwante inskrywings:

Is Britse busse die begin van WWIII?

‘n Oomblik van stilte

Welkom! (2 van 3)