
Die nuus dat ene Günther Jurgens Kotzé, 'n selfverklaarde “Boere-Viking”, die Balmoral-konsentrasiekampmonument naby Witbank stukkend geslaan het, is tragies, maar ook ietwat amusant. Hier het ons 'n maltrap Afrikaner wat nie in townships inry om swart families te skiet, bomme tussen sinkhitte plant of blikkies kos opgaar vir die komende oehoeroe (ek wag nou nog) [...]
