
RSG-omroepers sukkel hulself vir die afgelope paar weke half besimpeld om die frase: “Feel it – it is here!” vir 'n radio-advertensie uit te spreek. Driehoek, heel toevallig, ook: Viel iet. It is down by the mountain side.
Vir vyf weke, reken Julian Rademeyer en Anna Lombard van Rapport, is FIFA se Sepp Blatter (sê dit vinnig – dit rym so hittete met “septiese botter”) Suid-Afrika se nuwe president. FIFA het die land so vasgeteken met “17 waarborge…om die wêreld se grootste sportbyeenkoms te kon aanbied” dat ons 'n onsaglike finansiële verlies uit [...]