Archive for fokofpolisiekar

You are browsing the archives of fokofpolisiekar.

Die eerste waarheid oor die Afrikaner

…is dat hy lankal nie meer ‘n homogene groep is nie. Die oorlewing van Afrikaans en alles wat vir die Afrikaner spesiaal is, hang van hierdie besef af. Dit is nie kultuurfeeste of t-hemde met oranje blanje blou of enerse sekuriteitshekke wat ons sal red nie. Eers wanneer ons besef dat ons lankal nie meer [...]

Soek en jy sal jouself vind

Ek was nog altyd ietwat gefassineer deur mense se reaksie op Fokofpolisiekar se “Hemel op die Platteland”. Die reëls:
Kan iemand dalk ‘n god bel
En vir hom se ons het hom nie meer
Nodig nie
Impliseer nie dat die antwoord op die kwessie van God se bestaan gelyk is aan: “daar is geen God nie”. Dit sê bloot: [...]

Lianie May Fokofpolisiekar van die verhoog af

Lianie May Fokofpolisiekar van die verhoog af

Lianie May, die sangeres bekend vir die treffer: “Jy soen my nie meer nie”, het na bewering verlede Sondag tydens ‘n Kerskonsert knertsdronk (ek het lank en diep hieroor gedink, en uit die ganse Afrikaanse leksikon is dit die beste woord) op ‘n verhoog by ‘n Kerskonsert verskyn, vals gesing en onsamehangend gebabbel. Só erg [...]

Van Coke se stem aan bande gelê

Die afgelope tyd is ek toegegooi onder merkwerk en presensielyste en sperdatums en allerhande duiwelse dinge. En daar’s so baie waaroor ek nou al wou blog. Veral wou ek graag weer ‘n bietjie oor die plaaslike rocktoneel skryf en resensies oor Foto Na Dans se Pantomime op Herwinbare Klanke sowel as Fokofpolisiekar se vertoning by [...]

Like hell it won’t…

As iemand jou ooit probeer oortuig dat Afrikaans aan die uitsterf is, wys vir hom hierdie voorskou:

Direct Link to YouTube [http://www.youtube.com/watch?v=1Q3GxqJyM8Y&feature=related]
(En gaan kyk die dokumentêr, dit lyk goed.)

Laat die skinny jeans waai

Sedert Fokofpolisiekar se debuut in 2003 (As jy met vuur speel, sal jy brand, Rhythm Records) het daar ‘n revolusie op die Afrikaanse rocktoneel plaasgevind. Nuwe bands pop die afgelope paar jaar soos paddastoele op en is ‘n stem vir die ontnugterde wit, Afrikaanse jeug wat nie lekker weet waar hulle na Apartheid inpas nie.
Ofskoon [...]

Kaa kaa en kaa

Ha! Hier sit ek in die Cyber Ostrich, besig om na ‘n Tastic-rysadvertensie op E-tv te kyk. Onder andere is ek weer besig om ‘n paar kitaarspelers te beloer vir ‘n volgende aflewering vir die KKNK kitaarkanon, wat die legendariese Johnny’s Jazzband insluit.
‘n Paar opmerkings:
1 Ek is bekommerd oor die aantal karaokekunstenaars wat covers doen [...]

Oor rock (en die prys van eiers)

[2 van 3]
Dalk strydig met die vorige aflewering is Afrikaanse rock eintlik ‘n rykmanspel – die musiek van die bourgeoisie.
Om ‘n rockgroep te onderhou vereis aansienlik meer geld as, byvoorbeeld, ‘n kwaitogroep. Kapitaal is nodig vir kitare (elkeen ‘n paar duisend rand werd), kitaarversterkers (in sommige gevalle duurder as die kitare), ten minste een baskitaar [...]

Gaan Van Coke my oordromme kartel?

Ek het met gemengde gevoelens begin luister na Van Coke Kartel se debuut. Moet hulle nie met Fokofpolisiekar vergelyk nie, het ek vir myself gesê, dis onregverdig. Moet hulle ook nie met aKing vergelyk nie, dis selfs nog meer onregverdig. Gee hulle ‘n kans.
Aan die ander kant kon ek nie help om hulle album te [...]

Touché

In Hawaii het Garrett Lisi, ‘n 39-jarige surfer met ‘n doktorsgraad in fisika, ‘n teorie van alles saamgeslaan wat glo string theory se gat skop. In Suid-Afrika het George Maru my getag om dinge oor myself te vertel. Die voorafgaande sinne het niks met mekaar uit te waai nie, want quantum entanglement werk nie op [...]