
As iemand jou ooit probeer oortuig dat Afrikaans aan die uitsterf is, wys vir hom hierdie voorskou: (En gaan kyk die dokumentêr, dit lyk goed.)
Sedert Fokofpolisiekar se debuut in 2003 (As jy met vuur speel, sal jy brand, Rhythm Records) het daar 'n revolusie op die Afrikaanse rocktoneel plaasgevind. Nuwe bands pop die afgelope paar jaar soos paddastoele op en is 'n stem vir die ontnugterde wit, Afrikaanse jeug wat nie lekker weet waar hulle na Apartheid inpas nie. [...]
Ha! Hier sit ek in die Cyber Ostrich, besig om na 'n Tastic-rysadvertensie op E-tv te kyk. Onder andere is ek weer besig om 'n paar kitaarspelers te beloer vir 'n volgende aflewering vir die KKNK kitaarkanon, wat die legendariese Johnny’s Jazzband insluit. 'n Paar opmerkings: 1 Ek is bekommerd oor die aantal karaokekunstenaars wat [...]
[2 van 3] Dalk strydig met die vorige aflewering is Afrikaanse rock eintlik 'n rykmanspel – die musiek van die bourgeoisie. Om 'n rockgroep te onderhou vereis aansienlik meer geld as, byvoorbeeld, 'n kwaitogroep. Kapitaal is nodig vir kitare (elkeen 'n paar duisend rand werd), kitaarversterkers (in sommige gevalle duurder as die kitare), ten minste [...]
Ek het met gemengde gevoelens begin luister na Van Coke Kartel se debuut. Moet hulle nie met Fokofpolisiekar vergelyk nie, het ek vir myself gesê, dis onregverdig. Moet hulle ook nie met aKing vergelyk nie, dis selfs nog meer onregverdig. Gee hulle 'n kans. Aan die ander kant kon ek nie help om hulle album [...]