Tag Archives: foto na dans

Le Roi Nel kerf ‘n vliegtuig

Le Roi Nel kerf ‘n vliegtuig

Foto Na Dans se nuutste musiekvideo (“Natuurlik Verlig”, vanaf die album Pantomime op Herwinbare Klanke) is omtrent so surrealisties soos van hul eerste lirieke. Knap kinematografie en intelligente idees komplimenteer temas van verstedeliking en gesiglose kommunikasie. En Nel kerf 'n vliegtuigie! Jou lewe is leër daarsonder:

Posted in Film | Also tagged , , , , | 5 Comments

Foto Na Dans doen dit weer

Ek het die nuwe Foto Na Dans gehoor en dis goed. Baie goed. Luister solank na die nuutste snit op hulle MySpace.

Posted in Musiek | Also tagged | 8 Comments

Laat die skinny jeans waai

Sedert Fokofpolisiekar se debuut in 2003 (As jy met vuur speel, sal jy brand, Rhythm Records) het daar 'n revolusie op die Afrikaanse rocktoneel plaasgevind. Nuwe bands pop die afgelope paar jaar soos paddastoele op en is 'n stem vir die ontnugterde wit, Afrikaanse jeug wat nie lekker weet waar hulle na Apartheid inpas nie. [...]

Posted in Musiek | Also tagged , , , | 19 Comments

Oor rock (en die prys van eiers)

[2 van 3] Dalk strydig met die vorige aflewering is Afrikaanse rock eintlik 'n rykmanspel – die musiek van die bourgeoisie. Om 'n rockgroep te onderhou vereis aansienlik meer geld as, byvoorbeeld, 'n kwaitogroep. Kapitaal is nodig vir kitare (elkeen 'n paar duisend rand werd), kitaarversterkers (in sommige gevalle duurder as die kitare), ten minste [...]

Posted in Musiek | Also tagged , , , , , , , , , , , , , | 8 Comments

Oor rock (en hoekom dit broodnodig is)

[1 van 3] In 'n onlangse artikel oor die Kovsie-insident skryf Max du Preez: Daar is 'n genadelose aanslag om ons van ons taal te beroof, hoor ons en lees ons byna elke dag die laaste paar jaar. En tog blom Afrikaanse musiek soos nooit tevore nie en gaan dit baie goed met Afrikaanse koerante [...]

Posted in Musiek | Also tagged , , , , , , , , , | 8 Comments