Archive for Godsdiens

You are browsing the archives of Godsdiens.

Tyd vir herevaluering?

Lofdansers! Vlae! Rook! Dit bly vir my verstommend hoe kerke (veral gereformeerde kerke) dink hulle moet meer lidmate trek om relevant in die Suid-Afrikaanse samelewing te bly. Loop die kerke leeg, is die eerste gevolgtrekking altyd: die kerk doen iets verkeerd. As ons dinge weer anders doen, sal die mense terugkom. Dit is tyd om [...]

Verbeel jou jy glo nie in God nie

Soms is dit beter om te probeer verstaan, eerder as om weg te stoot: As jou ouers jou geleer het dat leuens verkeerd is en die waarheid altyd sal seëvier, sal jy waarskynlik hieroor begin praat met almal wat ook die storie ken. Jy sal hulle onthuts vertel van al die vreemdhede in die storie, [...]

Ek dink ek kry skaam

Ek is nie seker wat die emosie is wat my omvou het terwyl ek van George Claassen se poging om skolegodsdiens te monitor en die kommentaar daarop by Rapport gelees het nie. Dit was nie afguns nie. Dit was nie blykdskap nie. Dit was verseker nie jaloesie nie. Ek dink amper dit was verdriet. Tot [...]

Die bekommernis van Jan Rabie

Jan Rabie was ‘n uitmuntende skrywer en ‘n skerp denker. Hierdie aanhaling van hom is egter vir my kostelik, aangesien dit (behalwe vir ‘n verwysing na eendsterte en ‘n minotauros) klink soos iets wat in ‘n onlangse uitgawe van die Kerkbode kon staan: Die 19e eeu se rebelse ateïsme en anargisme wat ten minste deur [...]

Satanshond!

Satanshond!

Elke taal het woorde wat nie volmaak na ‘n ander taal omgesit kan word nie. Daar bestaan byvoorbeeld nie Engelse ekwivalente vir “padkos” en “onderdeur” of ‘n Afrikaanse vertaling vir “puppy” nie. Nou, enige regdenkende eskatoloog weet dat die “Mark of the beast” se korrekte vertaling die “Merk van die dier”. En enige regdenkende Afrikaner [...]

Heilige QBasics

10 CLS 20 INPUT “Wat is die aarde se huidige bevolking?” ; BEVOLKING$ 30 CLS 40 INPUT “Hoe kom hulle in die hemel?” ; METODE$ 50 CLS 60 IF METODE$=”Glo in die regte God” THEN PRINT: BEVOLKING$-1 “gaan hel toe.” 70 ELSE 80 ECHO “Dankie vir jou antwoord. Die hel sluit oor tien sekondes.” 90 SLEEP [...]

Wanneer kreasioniste rugby met rakette speel

Van die terme wat uit kreasionisme spruit, is vir my besonder vreemd. Ek lees byvoorbeeld onlangs hierdie brokkie teks op Kobus Grobler se tuisblad: …Richard Dawkins, wêreldbekende bioloog, ateïs en evolusionis… Vreemd, nè? Evolusionis. Herkou daaraan vir ‘n oomblik; speel daarmee soos jy sou met kruim in jou mond. Iets skort. Om agter te kom [...]

Ek wil net sê (dat charismatiese gebede ornamenteel kan raak)

Woorde is soos goedkoop batterye. Gebruik ‘n mens dit te veel, verloor hulle krag (trefkrag, in hierdie geval). ‘n Goeie voorbeeld hiervan is vloekwoorde: hoe gereelder iemand vloek, hoe minder trefkrag het die vloekwoorde. Dis ‘n algemene fout wat talle Afrikanerseuns begaan wanneer hulle rockgroepe stig en dan die woorde “befok” en “fokken cool” met [...]

As kinders in kettings sluimer (met apologie aan Whitestone Pictures)

Hierdie video is te mooi om nie met ander te deel nie. Dit beeld ‘n situasie uit wat meer vrae as antwoorde verskaf, sluit onvoltooid af en laat jou as kyker met ‘n warboel probleme om uit te pluis: [youtube 42GDhHR_X3w] Hoendervleis. Hoekom is die gevangenes gevange? Hoekom sing hulle “there’s chains upon the children” [...]

Guns don’t kill people…

Re: Regerings moet gaan! Een van die swakste argumente teen godsdiens wat daar seker kan wees, is dat dit verantwoordelik is vir die grootste gedeelte van die mensdom se lyding. Dit is eenvoudig bog. Die getalle van oorloë alleen – suiwer politiesgedrewe oorloë – oorskadu godsdienstige ongevalle omtrent so erg soos die melkweg die son. [...]