Johan Swarts » Godsdiens

Oor daai gebed-rubriek
Van al die rubrieke wat ek reeds vir Nuus24 geskryf het, is dié met godsdienstige temas sonder uitsondering die’s wat die meeste gelees word.

Dis heeltemal verstaanbaar. Godsdiens is 'n uiters persoonlike saak. Jou godsdiens is jou persoonlike storie oor die sin van die lewe – jou ontologie, jou epistemologie, jou moraliteit. Vir baie mense is dit die kern van hulle weses. Gegewe dat elke mens boonop net een lewe het (sover ons kan agterkom, in elk geval) is dit verstaanbaar dat mense hulself omtrent in 'n koma in kan ontstel wanneer jy hul oortuigings bevraagteken.

Om week na week 'n bitsige rubriek te skryf wat iemand se godsdiens afkraak, is soos om iemand soggens met 'n hamer wakker te slaan. Dit gaan werk, maar die persoon se kop gaan waarskynlik nie lank hou nie. 'n Klomp opruiende artikels oor godsdiens sal dalk vinnig 'n klomp lesers lok, maar hierdie lesers se houding teenoor die skrywer sal waarskynlik nie baie lank positief bly nie.

Juis hierom probeer ek sover moontlik neutraal oor godsdienstige kwessies skryf. Dit het ek dan ook in my nuutste rubriek (wat die Nuus24-redaksie “Gaan gebed Japan help?” gedoop het) gedoen.

Ek het die onderwerp (die vermoë van gebede om rampe te stuit al dan nie) bekendgestel, 'n paar tersaaklike feite genoem, dit duidelik gemaak dat ek nie antwoorde op 'n paar ongemaklike vrae het nie en toe weer die feite herhaal.

And people went ballistic.

Ek hap na gelowiges, het hulle geskree.

Ek skiet aan Christene se fondasie, het hulle geskree.

Ek sê God bestaan nie!, het hulle geskree.

As ek nie van beter geweet het nie, het ek gedink iemand met die naam Johan Swarts het geskryf: “Daar is nie 'n God nie – en gebed is bullshit!”

Maar dit staan nêrens nie. Die teks is neutraal. Die teks maak nie waarde-oordele nie. Die teks beledig nie en die teks verskaf nie finale antwoorde nie. Al wat dit doen, is vrae stel. Ongemaklike vrae vir sommige mense, maar steeds: blote vrae. Vrae wat min mense die moeite gedoen het om te probeer beantwoord.

Ek moet dit seker al gewoond wees, maar dit verbaas my keer op keer hoe mense iets met 'n godsdienstige tema lees en dan op 'n kruistog gaan teen 'n hersenskim wat hulle self opgetower het.

Die vader weet, dis frustrerend.

Moontlik verwante inskrywings:

Waar kom al daai vlae vandaan?

Gebed

“Dis goed dat Christene vir ‘n slag weer opstaan”
Na verlede week se kortstondige Woolworths-relletjie hoor 'n mens gereeld nog hoe mense sê: “dis goed dat Christene vir 'n slag weer opstaan vir dit waarin ons glo”. Dit sê hulle natuurlik om Woolworths se besluit om godsdienstige tydskrifte terug op die rakke te plaas (nadat dit oorspronklik verwyder sou word) goed te keur.

Soos dit Woolworths se goeie reg was om hul oorspronklike besluit op sy kop te keer, so is dit enigiemand se goeie reg om positief daarop te reageer. Om van die ommeswaai te hou, is nie as sodanig “verkeerd”  nie. Interessant wel, is hoe hierdie frase keer op keer opduik wanneer daar oor die voorval gepraat word, maar dat mense skynbaar nie verder as die blote woorde dink nie. Dis 'n trotse, emotiewe stelling – 'n wekroep, as ‘t ware – maar wat presies dit beteken, is onduidelik.

Self dink ek nie dis 'n sinvolle wekroep nie. Die Suid-Afrikaanse grondwet waarborg godsdiensvryheid (iets wat Christen-wees insluit) en dis nie iets wat binnekort gaan verdwyn nie. Niemand gaan in die nabye toekoms Bybels verban of kerke sloop nie. Christene gaan nie gewelddadig vervolg word nie; daar gaan tog nie colosseums vol wilde diere opgerig word waar grynsende ongelowiges met afwysende duime Christene voor die voet laat slag nie. Selfs as jy glo die maan gaan in 2011 soos bloed raak, is jy relatief veilig.

Die hele Suid-Afrika getuig trouens van presies die teenoorgestelde: meer as 70% (volgens die 2007 sensus) van alle inwoners noem hulself Christene. Ons woonareas is dikwels nog rondom kerke uitgelê – op elke klein dorpie is 'n kerk of drie, in elke voorstedelike woonbuurt sit 'n kerk of twintig. Skandes oor predikante laat koerante soos soetkoek verkoop. 'n Taal soos Afrikaans is ryk aan godsdienstige metafore (dink aan uitdrukkings soos “om jou Moses teë te kom” of “om jou hande in onskuld te was”). Kerke doen dikwels meer vir gemeenskappe as die staat self. Alkohol word nie op Sondae verkoop nie. Etcetera.

Christene is nie onder skoot nie. Inteendeel. In Suid-Afrika is Christene die meerderheid en Christelike oortuigings moontlik die wydverspreidste van alle godsdienstige oortuigings. Dit is natuurlik in 'n groot mate te danke aan die geskiedkunde feit dat die land tot en met 1994 bestuur is deur regerings wat hulself openlik as “Christelik” beskou het. God het eers vir die Prins van Oranje geglimlag, toe die Queen gesave en daarna sommer baie lief geraak vir die Nasionale Party. Eers 'n skrale 16 jaar terug het ons maar sekulêr geraak.

Ek raai dat die frase “dis goed dat ons as Christene vir 'n slag weer opstaan vir dit waarin ons glo” in baie gevalle nie godsdienstig nie, maar polities verstaan kan word. As jy grootgeraak het in 'n land waar Geloftedag en Goeie Vrydag as nasionale vakansiedae gevier is, maak so 'n uitspraak sin. Dan is jou eens bekragtigde oortuigings sedert 1994 nie meer polities korrek nie, kan dit ingevolge die grondwet nie meer die bevoorregte posisie hê wat dit gehad het nie en voel jy bes moontlik gemarginaliseer. Binne 'n konteks van godsdienstige magsverlies maak dit sin vir Christene om te voel hulle kan nie meer “vir hul godsdiens opstaan”. Sarah Bitten beskryf dit vir my die beste:

Somebody, somewhere, should have flagged the fact that these magazines cater to a community that feels marginalised and is therefore hyper-attuned to any evidence of disrespect. They are easily offended — in many ways they look for reasons to be offended — and when the culprit is a big business, they are more than willing to vote with their (well-stocked) wallets.

Ek dink nie almal sou met hulle beursies gestem het nie. Almal kan natuurlik ook nie oor dieselfde politieke kam geskeer word nie. Dis nie net Afrikaners wat oor Woolworths se oorspronklike besluit gekla het nie – baie ander was ook omgekrap. Tog dink ek 'n groot deel van die oproer (dink mooi wie die teikenmarkte van tydskrifte soos Lig en Lééf is) is hieraan te wyte. Al is Christene nie onder skoot in Suid-Afrika nie en al haal die grondwet as ‘t ware die fut uit enige argument wat die teenoorgestelde probeer bewys, is dit nog vir baie mense maklik om die teenoorgestelde te glo. Ek vermoed die reaksie sou dieselfde wees as Woolworths besluit het om, sê, alle Afrikaanse tydskrifte van hul rakke te verwyder.

Of dit sinvol is om op te staan vir iets wat liefs nie weer moet gebeur nie, is natuurlik 'n volgende storie…

Die uitdrukking "om jou Moses teë te kom" het nie 'n Christelike oorsprong nie. Dit is 'n verdraaiing van die uitdrukking "om jou moesoek teë te kom", wat in Bahasa Indonesies verwys na 'n mededinger in die liefde en deur bannelinge uit Suidoos-Asië hierheen gebring en sodoende in Afrikaans opgeneem is. (Johannes de Villiers)

Moontlik verwante inskrywings:

As Christene tog net meer wil kwaad raak

Dit gaan nie oor slag nie

Die skoen pas al te goed

Dié argumente is niksseggend
As jy 'n bekeerde ateïs is, vermoed ek, is jou argumente teen godsdiens nie besonder veelseggend nie. (Ek wou bykomende sketse hieroor teken, maar die tyd het my ingehaal:)

Die gemiddelde ateïs se argument teen die bestaan van God toon aan hoe die Christelike weergawe van 'n teïstiese God, met al die karaktereienskappe en geite wat die Christendom aan hom toedig, nie sin maak nie. Dit doen hy of sy gewoonlik deur gate in Bybelstories en Christelike dogma uit te wys, godsdienstiges wat die stories letterlik glo te beswadder en dan te verklaar: daar is duidelik geen God nie.

Lees die res hier.

Moontlik verwante inskrywings:

‘n Militante ateïs is…

t(o)er(gits) op robbeneiland

DSP Episode 2: “omdat ek gewoonlik niks verstaan wat hy sê nie”

Senings, vlees, snot en aandete
So ek’t onlangs gebraai…

So daar staan ek toe – ek en my ou morele bewussyntjie, lekker verward in 'n kettingwinkel se vleisafdeling. Uiters bewus van my eie vleeslikheid, uiters bewus van die vleeslikheid van die netjies verpakte dierdele voor my in die verkoelde staalrakke. Ewe bewus van my honger maag as die slagting wat moes plaasvind sodat ek dit kan stil. Die pakkies vleis voor my was terselftertyd reg en verkeerd. Ek wou nie ophou vleis eet nie. Ek wou nie die vleis koop nie. Alles voor my was skielik net onverklaarbaar vreemd.

Lees die res hier.

Hierdie rubriek het ook in Rapport Weekliks verskyn.

Moontlik verwante inskrywings:

Die ongelooflike filosofiese vraagstuk (Ver 28.0)

Die paneel op die horison

Touché

Tyd vir herevaluering?
Lofdansers! Vlae! Rook!

Dit bly vir my verstommend hoe kerke (veral gereformeerde kerke) dink hulle moet meer lidmate trek om relevant in die Suid-Afrikaanse samelewing te bly. Loop die kerke leeg, is die eerste gevolgtrekking altyd: die kerk doen iets verkeerd. As ons dinge weer anders doen, sal die mense terugkom. Dit is tyd om te vernuwe!

Lees die res hier.

Moontlik verwante inskrywings:

Soek en jy sal jouself vind

Verbeel jou jy glo nie in God nie

“Dis goed dat Christene vir ‘n slag weer opstaan”