Tag Archives: hoërskool bellville

Blus

Dit was 2001. Christiaan Brand, dastrekker van formaat, wou nog altyd 'n brandblusser leegspuit. Dit was sy droom. Toe, een fatale pouse, was Walter Cloete op die verkeerde plek op die verkeerde tyd. …En die namiddag het room geword. (Die oorspronklike foto is iewers tussen niewers.)

Posted in Self | Also tagged , , , , | 3 Comments

Afstammeling #8

Toe mondelinge hoogmode was en ek standerd ses, het my Engelse onderwyseres ons beveel om 'n song analysis voor te berei. Elke leerling moes 'n liriek aan die klas kom voorlê, uitlê en dan gaan platlê vir didaktiese kommentaar. Ek het myself in die vreemde posisie bevind dat ek nie werklik liedjies geken het nie. [...]

Posted in Musiek | Also tagged , , | 11 Comments

In Retrospect (Gee terug my flits)

Ek het vanmiddag op 'n sigkopie van my heel eerste Stultus© afgekom, geskryf toe ek 'n jeugdige 16 jaar oud was. Dis in my hoërskool se koerantjie gepubliseer, waar ek, Mai-Li en die legendariese Juffrou Emery (wat ons gedwing het om Shakespeare te lees) redakteur gespeel het. Saam het ons meer kere stokkies gedraai om [...]

Posted in Self | Also tagged , | 1 Comment

Almal maters

Mai-Li het my vanoggend wakkergebel en gevra of ek saam met haar skool toe wil gaan. Sy’s 'n Mejuffrou Skiereiland-finalis en het die skoolhoof genader vir fondse, world peace en ander higiëniese syndes. Ek en my retinas het in haar “suster se vriend wat nou in Namibië is en nie eintlik hiervan weet nie” se [...]

Posted in Sommer | Also tagged , , | 1 Comment