Johan Swarts » in retrospek

En nou’s dit ses jaar later
Ek sit in die serkaartjiery in die CJ Langenhoven-sentrum met my skootrekenaar en luister na Fokofpolisiekar. (Wel, nie terwyl jy dit lees nie, maar ek het terwyl ek dit skryf. ’Belowe.) Dis donker; die ligte is pas afgeskakel. Almal is feestelik, almal fuif.

Almal is so jonk.

Vir die eerste keer in ses jaar wag ek in die ongeorganiseerde, slierende menseketting op die koms van die heilige serenadekaartjies en drink Hunter Kennedy se wysheid deur my oorfone. Ek probeer uitpluis wat op dese aardbodem ek vir die laaste keer ooit in Die Matie (apogee van studentejoernalistiek en briewe oor kreasionisme) moet skryf in 'n rubriek wat ek vir drie jaar al onderhou.

Ek dink terug aan my voorgraadse dae – toe 'n mens skynbaar nog 'n loopbaan uit filosofieklasse kon skep en die belangrikste ding op aarde was om soveel keer moontlik saam met jou koshuis te gaan kaalnael (en verby Huis ten Bosch te stap. 'n Man raak moeg.). Ek onthou die dae toe McDonalds nog 'n toemaaktyd gehad het en 'n kaasburger R5 gekos het. Ek onthou Springbok sonder Upper Level,  Studentekerk sonder Kruiskerk, Happy Tree Friends op Fashion TV in Tollies. Meisies wat ek gescore het. Dié wat my gebat het. Vriende wat nou boeke doen en brûe bou. My eerste gradeplegtigheid. My tweede een. Die tesis wat ek gister probeer skryf het in 'n poging om 'n derde een te mag bywoon.

Ek onthou 'n Stellenbosch wat vir oulaas nog behoorlik kon doop, voor Helshoogte se sesde vloer op 'n eerbare wyse hul stilswye oor inlywingspraktyke in 2004 gebreek het. Hoe ek vir Metanoia geser het terwyl dit nog net 'n klomp bakstene tussen stellasies was. Casper de Vries in die HB Thom. Wyntoere. DC. Kagiso Khulani en Fedics. Seruitdunne. Middagete in Victoriastraat. Counterstrike. Fish Bowls. Edna van Harte. Pieter Schalk Bothma. Chris Brink. Breyten Breytenbach. Willem Fourie. Tweedejaarshemde  en eerstejaarsdanse.

Daar’s 'n bottel Beyerskloof Pinotage onder my arm. Dis lekker. Ek drink in die Neelsie.

Wat het ek in ses jaar op kampus geleer?

Ek het geleer dat dit nie belangrik is om JOOL te wen nie. Dat die Taaldebat die geveg van 'n handjievol ou ooms en tantes is wat baie van Katalanië, maar weinig van die internet af weet. Dat Shofar vir hul lidmate jok oor die ouderdom van die aarde. Dat rugby skynbaar belangriker as akademie, die eertydse heilige koei in die kunsdepartement of jou siel is. Dat daar 'n ossewa én hysbakke in die Neelsie is. Dat dit onsettend uitputtend is om vir die SR notule te hou. Dat polisiebrutaliteit in Bohemia nie so erg soos die Chinese slagting by Tiananmen Square was nie.

Ek het geleer dat ek jonk is, nie veel van die lewe af weet nie en daar nie iets soos 'n vinnige antwoord is nie. (Nie een wat werk nie, in elk geval.) Ek het geleer dat liefde seermaak en jagsheid moor, dominees cooler is as wat ek gedink het hulle kan wees en huisvergaderings nie die moeite werd is as dit nie tot ten minste drie-uur die oggend aanhou nie.

Ek het geleer wat emfatiese neweskikkings, ontologieë en sosiale kontrakteorie is. Dat dit oukei is om drie paragrawe namekaar met “Ek het” te begin en skootrekenaars se batterye nooit langer as vier ure hou nie. Ek het geleer dat ek nooit al my herinneringe in 700 woorde sal kan omsit nie. Dat dit lekker is om Venstersklankbane te maak en blommetjies te vou en die studenterade voor Soen in die Laan netsoveel as die studenterade post-Soen in die Laan kon uitrig. Bowenal het ek geleer dat ek onmenslik bevoorreg is om genoeg geld te kan hê om deur 'n resessie te swot en einde ten laaste 'n tesis te skryf wat die meeste Suid-Afrikaners nooit sal lees nie.

Hoe sluit 'n mens 'n rubriek af wat jy eertyds met die woord “seks” begin het en waaroor jy vir drie jaar geswoeg het?

Jy bedank almal wat gelees het. Jy weet nie wie nie, maar jy bedank hulle. Dankie.

Jy vra om verskoning vir die mense wat jy omgekrap het. Jammer Shofar. Jammer muur by Admin-A. Jammer SR. Jammer besope Eendragter.

Jy groet.

Totsiens borrel, ek gaan jou mis.

Almal lyk so jonk…

Moontlik verwante inskrywings:

Treintegnologie (8 jaar te laat)

Suid-Afrika is 100 jaar oud vandag

Verbeel jou jy glo nie in God nie