Tag Archives: internet

Brood. Jy skryf hom in Ruby on Rails. Srsly.

homeless-coder[1]

Jason Bagley, 'n Kaapse entrepreneur, het onlangs oor Suid-Afrikaanse startups op sy blog gekla. Sy beswaar? Die ondernemings wat deesdae die kollig kry, is óf na-apers of glad nie winsgewend nie. Hy noem vier maatskappye – Twangoo, Yola, Evly en Springleap – en verduidelik kortliks hoekom elkeen nie volgens hom die paal haal nie.

Posted in Tegnologie | Also tagged , , , , , | 2 Comments

Dood van die griffelaars (gedagtes oor die amalgamasie van Afrikaanse boekeblaaie)

scribe[1]

Dis hoog tyd vir letterkundiges om te besef dat die voorreg van publikasie en die prerogatief om dit te doen lankal nie meer net by koerante, tydskrifte en boekhuise hoort nie. Vir so lank as wat ons liewe geleerde vriende nie tot hierdie insig kan kom nie, sal Media24 se besluit om Afrikaanse boekeblaaie te amalgameer vir hulle 'n aardskudde katastrofe bly.

Posted in Essays | Also tagged , , , , , , , , | 9 Comments

I stopped childhood obesity

I stopped childhood obesity

Elke keer as iemand 'n twibbon op hul Twitter avatar plak of die foto op hul Facebook-profiel na beelde van katabatiese katjies verander in 'n poging om 'n goeie daad te doen, wriemel ek so 'n bietjie. Niemand doen naamlik enigiets van waarde nie, maar almal glo hulle het iets aan regte, egte probleme (wat [...]

Posted in Sommer | Also tagged , , | Leave a comment

404

Ek is by die werk. Die gange is leeg. Die internet is af. Gaap.

Posted in Self | Also tagged , | 5 Comments

Vergewe hulle, want hulle weet nie dat hulle n00bz is nie

Vergewe hulle, want hulle weet nie dat hulle n00bz is nie

Breyten Breytenbach se onlangse uitlatings oor die dood van Afrikaans is een waaragter daar veel meer wysheid sit as wat meeste mense waarskynlik besef. Wanneer hy skryf dat hy waarskynlik in sy leeftyd nog die dood van Afrikaans gaan sien, is sy voorspelling – binne die konteks van sy eie ervaringe – akkuraat. Binne die [...]

Posted in Taal | Also tagged , , , , , | 14 Comments