Tag Archives: jacob zuma

Die mite van ‘n “korrekte Engelse uitspraak”

zuma_0605[1]

Tydens vanjaar se staatsrede het President Zuma heelwat kritiek oor sy Engelse aksent ontvang. Sy uitspraak, het mense spottend gereken, dui op 'n lae opvoedingspeil en is 'n verleentheid van die land. As Mbeki dit kon regkry om behoorlik Engels te praat, hoekom kan hy nie ook nie?

Posted in Taal | Also tagged , , , , , , | 5 Comments

WTF, Jacob Zuma?

As 'n mens lees van 'n president wat 8 maande laat is met die uitvoer van 'n eenvoudige, dog broodnodige prosedure – en dan moet lees dis jou eie president en dat 'n derde van sy kabinet dieselfde laksheid toon – kan 'n mens nie anders as om jou kop in skaamte te laat sak [...]

Posted in Politiek | Also tagged , | Leave a comment

Die probleem met Zuma se seksuele avonture

Die probleem met President Zuma se seksuele avonture is nie die seks nie. 'n Argument teen die president wat 'n morele ondertoon het, is vir alle praktiese doeleindes 'n nuttelose argument. Om aan te voer dat hy 'n bepaalde seksuele moraliteit uitleef of verteenwoordig, dat daardie moraliteit nie strook met hoe 'n president veronderstel is [...]

Posted in Politiek | Also tagged , , , | 2 Comments

Zuma se inhuldigingskoste nie iets om slaap oor te verloor nie

Hoekom mense kla oor die koste van Jacob Zuma se inhuldigingseremonie as die vierde demokraties verkose president van Suid-Afrika, gaan my te bowe. Dis nie asof die regering R75 miljoen in 'n vaatjie gaan stop en dit by Kaap Agulhas in die diep blou see gaan stoot sodat hulle kan kyk hoe vinnig dit sink [...]

Posted in Politiek | Also tagged , , | 31 Comments

Zuma vs Evolusie

Persoon X in gesprek A: Moenie vir my kom sê ek mag nie 'n opinie oor evolusie hê net omdat ek nie 'n relevante graad het nie. My opinie is net so goed soos enigiemand anders s'n! Persoon X in gesprek B: Hoe kan Zuma ons president wees? Hy het nie eers 'n graad nie!

Posted in Politiek | Also tagged , | 32 Comments