Archive for kerk

You are browsing the archives of kerk.

Tyd vir herevaluering?

Lofdansers! Vlae! Rook! Dit bly vir my verstommend hoe kerke (veral gereformeerde kerke) dink hulle moet meer lidmate trek om relevant in die Suid-Afrikaanse samelewing te bly. Loop die kerke leeg, is die eerste gevolgtrekking altyd: die kerk doen iets verkeerd. As ons dinge weer anders doen, sal die mense terugkom. Dit is tyd om [...]

Die wysheid van Paul Kruger

Die wysheid van Paul Kruger

Ek vind nogal aanklank by Paul Kruger se mening oor staat en kerk. In sy verkiesingsmanifes van 1883 skryf hy: Indien ek dus verkies mag word, verwag dan nie van my dat ek my met kerklike sake moet bemoei nie, want my oortuiging is dat dit die staat nie toekom om hom met die inwendige [...]

Ter verdediging van die orreliste

Orreliste is cool. Hulle kan bladlees en kadense uit die niet optower wanneer die kollekte onverwags klaar opgeneem is of die bruid laat is. Hulle weet hoekom parallelle oktawe ‘n aartsonde is, ken toonlere en kan grondnote met hul tone speel. As iets in F#-majeur geskryf is, sal hulle dit speel en nie daaroor kla [...]

Soek en jy sal jouself vind

Ek was nog altyd ietwat gefassineer deur mense se reaksie op Fokofpolisiekar se “Hemel op die Platteland”. Die reëls: Kan iemand dalk ‘n god bel En vir hom se ons het hom nie meer Nodig nie Impliseer nie dat die antwoord op die kwessie van God se bestaan gelyk is aan: “daar is geen God [...]

Ek wil net sê (dat charismatiese gebede ornamenteel kan raak)

Woorde is soos goedkoop batterye. Gebruik ‘n mens dit te veel, verloor hulle krag (trefkrag, in hierdie geval). ‘n Goeie voorbeeld hiervan is vloekwoorde: hoe gereelder iemand vloek, hoe minder trefkrag het die vloekwoorde. Dis ‘n algemene fout wat talle Afrikanerseuns begaan wanneer hulle rockgroepe stig en dan die woorde “befok” en “fokken cool” met [...]

Kop in een toonsoort

Nou ja, die toer is agter die rug. Ek het al my snare behou, ‘n paar pynlike wonde op my vingerpunte opgedoen en baie kerrie en rys geëet. Dis skreeusnaaks hoe geloofspolitiek in klein, Suid-Afrikaanse dorpies werk. As NGK-lidmate in stedelike gebiede begin dors na groener weivelde, ruk hulle bloot tentpenne (tabernakeltoue?) uit en beweeg na ‘n meer [...]