Archive for KKNK
You are browsing the archives of KKNK.
Archive for KKNKYou are browsing the archives of KKNK. KKNK – Oordenking #2Is ons almal nie maar soms soos tjokkertjies in stampkarretjies nie? Kindertjies wat dit geniet om ander triomfantelik te stamp, solank hulle net nie teruggestamp word nie. Ons wil krag hê, maar hou stilletjies al ons toerusting aan tydens piektye. Ons wil graag in tjailatyd by ‘n obskure indraai op die hoofpad inkom, maar wil [...] KKNK – oordenking #1Een van die dinge waaroor vanjaar se KKNK my aan die dink gesit het, is vegetarisme. (Ek blameer die Koedoeburgers.) Ek sal graag vir ‘n dag of wat in rasionele gesprek wil tree met ‘n vegetariër (en ‘n vleiseter) of twee, aangesien daar vir my eienskappe van vegetarisme is wat slegs sinmaak binne ‘n sekere [...] TjirsEk vertrek vanmiddag na die laaste doodsnikke van die KKNK. As daai oulike internetkafeetjie nog daar is (en ek dit kan bekostig), sal ek probeer rapporteer. So nie is ek Sondag terug. Kringe in ‘n BosTerwyl ek hierdie naweek op die akkerdorp swoeg om ‘n 15-bladsy opstel oor Vincent Pienaar se Kringfluit te voltooi, laat ek julle met die onvolledige, amptelike nie-amptelike kitaarkanon van vanjaar se KKNK. Click hier (of daar bo) vir ‘n verslag oor die bespelers van die enigste instrumente wat goeie kringfluite tot gevolg het. RoadtripNadat ek en drie koshuisbuddies vanmiddag láát petrolgeld buite Stellenbosch gaan bedel het in snaakse klere, is ons oppad KKNK toe. Ons het net onder R400 in ‘n halfuur gemaak (mense gee graag geld as jy met ‘n kitaar in die middel van die pad staan en nonsens sing) en vertrek môre skuins na middagete [...] |