Tag Archives: Matieland

Om vir die polisie toebroodjies te maak

Sê van hulle wat jy wil – die SR kom soms met goeie idees vorendag. Daar was byvoorbeeld die befaamde idee 'n paar jaar gelede om die serkaartjiery meer vaartbelyn te maak deur aan rystaanders 'n nommer op 'n kaartjie toe te dien. 'n Elegante idee wat lof verdien. (Sê: dankie, Kobus Ehlers.) So kan [...]

Posted in Matieland | Also tagged , , , , , , | 10 Comments

Stellenbosch brand…iewers

Iets iewers in Stellenbosch is besig om baie vinnig te brand. Sirenes loei naarstig op en af in die verte. Die hele kampus is besig om te versmoor in vuil rook en dwarrelende stukkies brandoorskot. Dis hoogskemer, maar die son sit nog netjies in die lug. Alles stink na brand en alles is bedompig – [...]

Posted in Matieland | Also tagged , | 11 Comments

Jy met die iPod, jy met die mes

Liefste eerstejaar, Jy wat sidder vir jou HK, jy wat glo jou koshuis is die gode se gawe aan die mensdom, jy wat blommetjies vou en vaak in Victoriastraat rondmarsjeer. Jy wat verlede jaar nog MK agter sekerheidshekke gekyk het of met 'n mes onder jou skoolbaadjie moes rondloop om seker te maak jy kom [...]

Posted in Matieland | Also tagged , , , , , , , , , , | 7 Comments

Vat jou yskas en trek, Ferreira

Urgh. Gister moes verskeie studente by die universiteit weer die aftog blaas voor die immergroen hardkoppigheid van 'n beurokrasie wat, om dit ligtelik te stel, uiters onvriendelik is. Dis vakansie (oftewel 'n weeklange studiebreek) en studente in verskeie koshuise moes hul kamers teen 17:00 die middag ontruim. Hoekom? Sodat rugbyspelers van elders vir 'n paar [...]

Posted in Matieland | Also tagged , , , , , | 10 Comments

Adminfrustrasie

Matieland is leeg. Die eksamen is verby en (behalwe vir die enkele ongelukkiges wat hereksamens moet skryf) die kampus kaal. En omdat Administrasie so besluit het, moet alle koshuise gesluit word. Die uitsondering op hierdie reël is die inblykoshuis (Eendrag, in hierdie geval), wat die kampus se druipelinge tydelik huisves sodat hulle vir hereksamens kan [...]

Posted in Matieland | Also tagged , , , , | 18 Comments