Tag Archives: merkwerk

Merkwerk los sy merk

Ek sweer, as ek nog een opstel moet merk waarin 'n student rudimentêre vereistes wat sedert die begin van die jaar in hom of haar ingedril is, verontagsaam (soos om teks te blok of te paragrafeer), gaan my ingewande ontplof, by my kop uitskiet en soos saagsels oor die kampus neerdaal. Nraaaarggghn.

Posted in Matieland | Also tagged , , | 4 Comments

Die mees oorspronklike kop in die geskiedenis van kaas

‘Al ooit daardie oomblik beleef wanneer dit baie laat is, jy werk het wat doodeenvoudig moét klaar en jou bestaan rondom Marmitetoebroodjies en 'n halfgedrinkte Amstel in jou yskas sentreer? Ek het dit sopas bereik. Soort van. Soos 'n mens nou maar maak as jy keelvol is van studente wat Afrikaans met 'n kleinletter spel [...]

Posted in Matieland | Also tagged , , , | 33 Comments

NEE. NEE. NEE. DIE. REKENAARS. WERK. FINE.

Een van die noodwendige (somtyds noodlottige) gevolge van my tutorskap by Die Departement is dat my studente opdragte inhandig wat gemerk moet word. Departementele beleid stipuleer dat geen laat inhandigings aanvaar sal word nie, wat natuurlik van die mees onoorspronklike verskonings op die planeet na vore bring. Soos byvoorbeeld: die rekenaars in HUMARGA kon nie [...]

Posted in Matieland | Also tagged , | 10 Comments