Johan Swarts » morné harmse

inKemba yami (Want ‘n noot maak alles beter)
Richard Catto het 'n rukkie terug 'n baie berugte inskrywing op sy blog gemaak (The White Afrikaner Christian – a Complete and utter train wreck fully on the road, nay highway, to hell – nou uitgewis). In hierdie inskrywing het hy uitgevaar teen alles wat hoegenaamd na 'n koeksuster ruik en aangevoer hulle hoort in die see. Heftige reaksies het gevolg – ek herinner myself veral aan 'n vurige debat op Bosparra, waar mense Catto net so erg beswadder soos hy hulle.

Catto se inskrywings hieroor, na my kennis – en ek weet daar is min mense wat my wil glo hieroor – is as satire bedoel na die Deon Maas debakel. Dat dit in swak smaak en uiters ontaktvol gedoen is, is egter nie te betwyfel nie. Catto moes van beter geweet het.

‘n Hele paar maande later sit ons met Morné Harmse, wat postal gegaan het met 'n swaard op sy medeskoliere. Slipknot, 'n sogenaamde nu metal band, se musiek word verdink – en hieroor is daar uitroepe van verontwaardiging. Hoe kan ons die media blameer vir 'n individu se aksies? Hoeveel regte wil ons dan nog wegneem? Hoe kan mense so eng, so toé wees, so vinger swaai?

Die algemene konsensus oor Catto blyk te wees: hy is 'n haatspreker. En 'n bliksem daarby.

Die algemene konsensus oor Slipknot blyk te wees: hulle is 'n band met vryheid van spraak, wat kan sing wat hulle wil omdat dit hulle goeie reg is en boonop onverantwoordelik is vir die invloed van hulle lirieke (reeds 'n effens absurde stelling, omdat rockmusiek 'n sterk motiverende element het – maar dis 'n storie vir later).

Ek sukkel om hierdie kloutjie by die oor te kry. Wat is dan nou eintlik die verskil? Catto skryf 'n etniese groepering moet totaal en al uitgewis word. Slipknot sing:

I wanna slit your throat and fuck the wound

I wanna push my face in and feel the swoon

I wanna dig inside, find a little bit of me

Cuz the line gets crossed when you don’t come clean

(Disasterpiece)

Toegegee, dis nie al waaroor hulle sing nie (en hoewel hulle temas hoofsaaklik wanhoop, wraak en verlies is, gaan nie elke liewe lied oor moord nie), maar dis daar. Catto sou dieselfde soort reaksie uitgelok het as hy net die titel van sy blog gepubliseer het.

Is Slipknot die oorsaak van Harmse se dade? Nee. Dit maak soveel sin soos om te sê Catto is die oorsaak van plaasmoorde. Wat ek egter nie kleinkry nie, is hoe dieselfde mense wat Catto se haatspraak uitkryt as onsensitiewe snert a la Qwelane, Slipknot s’n aanvaar onder die vaandel van vrye spraak. Moet 'n mens geweld dan toonset om dit polities korrek te maak? Is dit hoekom Jacob Zuma se akoliete wegkom met daardie potsierlike liedjie oor 'n masjiengeweer?

Inkonsekwensie extraordinaire, seg ek. Inkonsekwensie extraordinaire.

Moontlik verwante inskrywings:

Maak dit saak wie die uniegebou botter?

Kersfees maak my hartseer

Almal weet alles want almal ken vir Steve

En dis hoe stories versprei
Krugersdorp – A schoolboy who stabbed a fellow pupil to death with a sword in Krugersdorp on Monday morning was apparently high on drugs, saying Satan had told him to kill the children.

“He said Satan told him to kill the children,” said Raubenheimer.

(News24)

Dis skokkend. Dis regtig skokkend en dis regtig hartseer. Ek het nie juis veel om hieroor te sê nie (en daar’s 'n vreemde, siek stemmetjie in my kop wat van meet af bly is dis nie 'n rassemoord nie), maar daar’s wel iets wat opval. In die bogenoemde aanhalings word aangevoer dat Morné Harmse die duiwel blameer vir sy swaardmoord. In latere berigte moet ons lees hoe hy “possessed by the devil” was.

Daar is nie 'n manier hoe Harmse, Raubenheimer of enigiemand anders kan bewys daar was 'n Duiwel wat vir Harmse opdragte gegee het nie. (Die waarheid is ook nie vreeslik moeilik om te ontdek nie – 'n alleenkind, hoog op dwelms, met 'n swaard in 'n skool. Natuurlik gaan so iets gebeur.)

Dit was nie die Duiwel nie. Dit was die gekluisterde sinapse in Harmse se benewelde brein, onderbewustelik aangevuur deur die lirieke van Slipknot (dis nie juis die soort musiek wat jy vir jou ouma wil speel nie) wat besluit het: vandag is die dag wat ek 'n leerling slag – want hulle spot my.

Dit maak egter nie saak hoe hard jy graag wil glo dit was die duiwel nie – dis nie 'n falsifiseerbare storie nie.

Maar so versprei stories. So begin mense glo dat 'n kwaksalwer in Lagos mense gesond kan toor of dat Antjie Somers regtig rondloop om kinders te vang – dat uHuru gaan plaasvind en die kettingbrief in jou indoos jou geluk kan beïnvloed. So keer ons terug na ons premoderne modus waarin ons alles onverstaanbaar aan magiese invloede toeskryf – terug na die tydperk toe almal 'n God of the gaps gehad het, maar niemand Hom nog so genoem het nie.

Is die verspreiding van sulke stories sleg? Ek weet nie. Maar dis verseker nie waar nie.

Moontlik verwante inskrywings:

Goeie joernaliste skryf immers nie ongeverifieerde stories nie

inKemba yami (Want ‘n noot maak alles beter)

Seekoeivormige Velociraptors se geselskap was nog nooit te versmaai nie