Archive for Musiek
You are browsing the archives of Musiek.
Archive for MusiekYou are browsing the archives of Musiek.
Vuur in die larinks!As jy ‘n Afrikaanse musiekliefhebber is met ‘n soeke na iets meer as ‘n ritmiese Patayo om by jou oorkanaal af te laat biggel, haas jouself na Stemband – Nuus24 se nuwe inisiatief wat poog om verslag te lewer (of sommer net te rumineer) oor alternatiewe Afrikaanse musiek. In hul eie woorde: Geen Juanita’s of Juanita-tipes [...] Ruminasies oor Die Antwoord: VoorwoordVoor ek ‘n paar ruminasies oor Die Antwoord publiseer, die volgende: Ek ken nie Die Antwoord nie. Ek het al Yo-Landi se pa ontmoet (moenie vra nie, ek gaan nie sê nie), maar dis die naaste wat ek al aan die kletsrym-duo (dis reg – ek het “kletsrym” gebruik…) kon kom. Dat hulle besig is [...] Die skip is in die hawe, die dooies is begrawe en ons is nie meer slawe…Baarmoedergevoel het hul tweede musiekvideo (vir die liedjie "Ooh La La!") onlangs vrygestel. Daar was nog altyd iets moois vir my aan hul musiek – dalk omdat hulle eenvoudig net nie ‘n duiwel daaroor omgee om soos die res van die plaaslike musiektoneel te klink nie en musiek maak wat hulle pas. Die nuutste musiekvideo [...] Swaard vs PangaPersoon X in gesprek A: Moenie belaglik wees nie – dis nie heavy metal wat Morné Harmse aangehits het om ‘n medeskolier met ‘n swaard te vermoor nie. Dis mos nou ‘n absoluut belaglike argument. Musiek veroorsaak nie gewelddadige gedrag nie. Persoon X in gesprek B: Daar is net een ding wat Eugene Terreblanche se [...] Dis Vrydag. Laat jouself voel.Dis Vrydag en jy’s lus om na melankoliese vioolmusiek te luister, né? Wees nie bevrees nie. Hier is nog ‘n SFX-pragstuk: Deeltjies gegenereer met Trapcode Particular. Tshepo Mokoena en jou identiteitWanneer Tshepo Mokoena oor sy identiteit in Afrikaans sing: …dink hy beslis nie aan iets soos die Stellenbosse Taaldebat nie. Hy wag nie vir ‘n institusie, soos ‘n universiteit, om sy taal en kultuur te sanksioneer nie. Hy doen wat hy wil, want hy is wie hy is. Want hy kan – en hy het [...] Ter verdediging van die orrelisteOrreliste is cool. Hulle kan bladlees en kadense uit die niet optower wanneer die kollekte onverwags klaar opgeneem is of die bruid laat is. Hulle weet hoekom parallelle oktawe ‘n aartsonde is, ken toonlere en kan grondnote met hul tone speel. As iets in F#-majeur geskryf is, sal hulle dit speel en nie daaroor kla [...] Soek en jy sal jouself vindEk was nog altyd ietwat gefassineer deur mense se reaksie op Fokofpolisiekar se “Hemel op die Platteland”. Die reëls: Kan iemand dalk ‘n god bel En vir hom se ons het hom nie meer Nodig nie Impliseer nie dat die antwoord op die kwessie van God se bestaan gelyk is aan: “daar is geen God [...] Laai gerus jou musiek af – jy doen (nagenoeg) niks verkeerd nieDis ‘n holruggeryde argument: elke liedjie wat nie gekoop word nie, is geld gesteel van die musikant en stoot boonop die prys van albums verder op. Dis snert. ‘n Liedjie is bloot nie meer R10 werd nie. ‘n Album is beslis nie R120 werd nie. Die waarde van musikante se sweet en bloed het gedaal, [...] Hoe lank moet ‘n haas wees?Daar is ongeveer twaalf snitte op ‘n sogenaamde “normale” album – en dis grotendeels langspeelplate en kasette se skuld. Die lengte van albums is ‘n meem wat onder musikante ontstaan het vanweë die fisiese tekortkominge van ‘n langspeelplaat wat ongeveer ‘n halfuur se musiek aan een kant kon berg. Die wye spektrum frekwensies van musiek [...] |