
Het jy al ooit hierdie woorde gebruik? Hou op hier inneuk, jou bogger – ek foeter vir jou! Natuurlik het jy. Toe het jy waarskynlik bedoel: Hou op hier inkom, jou swernoot – ek boender jou hier uit! 'n Paar honderd jaar gelede sou hierdie woorde egter iets anders beteken het.