Tag Archives: pers

Driehoek & Sirkel – Episode 13 (Mediavryheid)

Driehoek & Sirkel – Episode 13 (Mediavryheid)

Na maande se speurwerk en fyn beplanning vlek Driehoek 'n internasionale netwerk van aartsrassiste oop en slaan 'n slag vir mediavryheid. Die resultate is grusaam.

Posted in Media | Also tagged , , , , , , , , , , | 1 Comment

Goeie joernaliste skryf immers nie ongeverifieerde stories nie

Om die een of ander rede verwar mense die ANC se voorgestelde Wet op die Beskerming van Inligting met die voorgestelde mediatribunaal. Wanneer koerante hieroor berig, word sowel tribunaal as wet genoem, maar handel die meerderheid van die berig dan oor die wet. (Sien byvoorbeeld hierdie berig van die Mail & Guardian.) Besoek gerus self 'n [...]

Posted in Media | Also tagged , , , , , | 13 Comments

Hoe kon koerante dit nie sien kom het nie?

Ek het pas deur Gilder se Life After Television gewerk. Dis 'n insiggewende werk deur 'n skrywer wat die ondergang van tradisionele top-bottom-mediastrukture (soos die tradisionele pers, televisiekanale en selfs AT&T se vroeë leviatan van 'n telefoonnetwerk) meer as twintig jaar gelede al sien aankom het. Die boek se eerste druk het in 1990 verskyn. [...]

Posted in Media | Also tagged , , , , , , | 29 Comments

Brekende nuus: ons is nie die nuus nie

‘n Mens hoor gereeld hoe die internet besig is om koerante se lewensbloed vol gif te pomp. Sommige sê blogs, twitter feeds en soortgelyke gereedskap is die nuusdraers van die 21ste eeu. Party noem dit die nuwe media (vurige aanhangers gebruik hoofletters) en glo dat nuus soos ons dit ken, besig is om uit te [...]

Posted in Media | Also tagged , , , , , , | 30 Comments