Tag Archives: Poësie

Gediggies by die see

Ek en 'n paar oud-kollegas van Die Departement tree vandag en môre op as beoordelaars by die Wes-Bolandse Eisteddfod in Langebaan. As die geleentheid hom voordoen, pos ek 'n paar foto’s. Diksie ftw! As jy 'n ouer is, let asseblief daarop dat ek nie omkoopbaar is nie. Met dinge soos biltong. En…eh…biltong…

Posted in Poësie | Also tagged , , | 1 Comment

gediggies oppie interwebs

Twee jaar gelede, toe ek 'n honneurstudent en teetowenaar was, het ek ’n lamentasie oor die algemene belangstelling in Afrikaanse poësie gepubliseer; vanjaar het Louis Esterhuizen en Marlise Joubert onwetend 'n oplossing hiervoor verskaf in die vorm van Versindaba.co.za. Dié webtuiste (wat aangedryf word deur WordPress) word daagliks opgedateer met relevante artikels – dikwels met bydraes [...]

Posted in Poësie | Also tagged , , , , , , | 9 Comments

Gala/f/blaas

Gister in die assistentelokaal by die Departement kom Dr Foster die vertrek binne. Sy moet die aand aan haar referaat werk en bied vir my haar komplimentêre kaartjie vir die Skrywersgala in die HB Thom-teater aan. Wil ek gaan? Natuurlik wil ek gaan. Die skrywersgala is (so word daar gesê) die hoogtepunt van die Woordfees. [...]

Posted in Poësie | Also tagged , | 16 Comments

En toe…

Titels van my gedigte vir Skeppende skryfkunde tot dusver: Toentertyd Toé spraak ad hominem Toe skiet ons ‘ma Toe Sprach Zarathustra Toeskree by die see Toendra Toeter tieter totter Baba gaan Irak toe Raai watter een rym.

Posted in Taal | Tagged | 4 Comments

Touché

gebed van 'n dissosiatiewe groen perske (met apologie aan Annesu de Vos) ons vader wat in die hemel is laat u naam groen uitbult laat u moederboom blom laat u ook sonder meer vloek terwyl die aarde vrot gee ons vandag ons daaglikse vleis en vergewe my al ons sondes soos ek myself skil wat [...]

Posted in Poësie, Taal | Also tagged , , , | 27 Comments