Tag Archives: robbie klay

Driehoek & Sirkel – Episode 1 (Ou Nuus)

Driehoek & Sirkel – Episode 1 (Ou Nuus)

Dames en here, vergun my om u voor te stel aan Driehoek en Sirkel, twee welsprekende partikel-erudiete met 'n vinger op die Afrikanerpols. Hulle is volkshelde en stut en hamer hul deeltjieroosters in H.264 om vir u 'n skimmespel te fabriseer, soos byvoorbeeld: Kyk, hulle bestaan nie, wees hul tog genadig. Die oorspronklike video is [...]

Posted in Film | Also tagged , , , | 13 Comments

Hoe generies kan ‘n verhoognaam raak?

Die Jurie Els vs Robbie Klay saak is uiteindelik aan die vervolgingsgesag in Pretoria oorhandig. Die oponthoud is veroorsaak deur 'n regstegniese fout. Meen Beeld: Dit gaan daaroor dat die naam Robbie Klay nie in die nasionale bevolkingsregister bestaan nie. Hy is Robert Patrick Klaasen gedoop. Ietwat fassinerend, né? Klay se oorspronklike naam was natuurlik [...]

Posted in Musiek | Also tagged , , , , , , | 14 Comments

Seks, die sokkiemanier

Vanweë 'n sameloop van omstandighede het ek die afgelope paar dae talle Afrikaanse musiekvideos gesien. Wat veral opvallend is van baie, sal ons sê, sokkietreffers, is dat daar 'n taamlike groot beheptheid met seks daarin weerspieël word. Musiekvideos het meermale 'n horde skraps geklede meisies wat suggestief lyfswaai en baie vreemde eufemismes vir enigiets onder [...]

Posted in Musiek | Also tagged , , , , , , | 39 Comments

Honderd bedonderd

Goed, so wat presies rook Jurie Els en sy regspan? Hoekom nie eerder 'n lastersaak maak nie? 'n Interdik (en 'n artikel in die Huisgenoot met uitgekrapte gedeeltes) versuur reeds sy allure, so dis nie asof beeldpoetsery die rede kan wees nie. So wat dan? Instink- 'n blinde verdedigingsrefleks? Prokureurs wat so goed kan dink [...]

Posted in Musiek | Also tagged , | 11 Comments