Tag Archives: rubriek

Oor daai gebed-rubriek

Van al die rubrieke wat ek reeds vir Nuus24 geskryf het, is dié met godsdienstige temas sonder uitsondering die’s wat die meeste gelees word. Dis heeltemal verstaanbaar. Godsdiens is 'n uiters persoonlike saak. Jou godsdiens is jou persoonlike storie oor die sin van die lewe – jou ontologie, jou epistemologie, jou moraliteit. Vir baie mense is dit die kern van hulle wesens.

Posted in Godsdiens | Also tagged , , | 17 Comments

‘n Ander soort Afrikaner @jackparow

Mense wat Pajero’s ry is snaaks – hoofsaaklik omdat “Pajero” Spaans vir “wanker” is. Ook, daar’s 'n sekere soort identiteit wat besig is om stadig maar seker 'n lepel in die dak te steek: Dis die soort Afrikaner wat briewe oor die taaldebat aan Afrikaanse dagblaaie skryf, graag met mekaar oor hul beleggings praat en [...]

Posted in Musiek | Also tagged , , | 1 Comment

Apple wéét hoe

Ek hou nogal van die nuwe iPhone: Maandag se bekendstelling van die nuwe iPhone (hy heet iPhone 4) het my opnuut laat besef hoe vatbaar mense vir suggestie en dinge wat blink is. En hoe briljant Apple is. Lees die res hier.

Posted in Tegnologie | Also tagged , , , , | 2 Comments

iPhone 4G dalk besonder oorskat

Apple. ‘Nuff said. Gereelde lesers van my blog sal weet dat ek nie veel ooghare vir Apple het nie – iets wat stam uit hul korporatiewe geheimhouding, disproporsionele lof vir hul eie produkte en amper Orwelliaanse kommunikasie met joernaliste. Hul produkte is meerendeels gemiddeld eerder as ongelooflik en is daar jaar na jaar derduisende aanhangers [...]

Posted in Tegnologie | Also tagged , , | 1 Comment

Hersenskimme, Dan. Jou kop. Hy’s vol daarvan.

Van die meer kostelike kommentaar op my rubrieke by Nuus24 is dat ek “links”, “uitverkoop” of 'n “volksverraaier” is. Die nuutste hiervan kom indirek van Dan Roodt af, wat in 'n rubriek op Praag na aanleiding van my en ander rubriekskrywers se kommentaar meen: Op grond van die keuses en standpunte wat Naspers, sy direksie en [...]

Posted in Media | Also tagged , , , | 7 Comments