Tag Archives: rubriek

Floyd se noue ontkoming

Die afgelope week was 'n woeste een vir Suid-Afrika se vooraanstaande vistenknasionaliseerders: Asof in stadige aksie kon ek myself gedemp hoor gil: “Floyd! #$@#, Floyd, wat maak jy?!” Toe, luid en bang, terwyl ek naarstig water op die vloer uitmors en die spartelende goudvissie terug in water probeer kry: “Floyd! FLOYD! FLOOOOOOOYD!” Lees die res [...]

Posted in Sommer | Also tagged , , , , , , | 4 Comments

As die joernalistieke kool nie die sous werd is nie

Ek het onlangs 'n vreemde gesprek met 'n bekende Suid-Afrikaanse joernalis gehad. Die resultaat was hierdie rubriek (name verwyder ten einde die persoon onnodige verleentheid te spaar): Dis immers een ding om 'n binneband in die pad buite 'n plakkerskamp te sien brand en af te lei die inwoners betoog teen slegte dienslewering. Dis 'n [...]

Posted in Media | Also tagged , , , , | 1 Comment

So long, and thanks for all the syntax

Afrikaans het onlangs 'n groot gees verloor: Suid-Afrika is vol vurige ondersteuners van Afrikaans. 'n Mens hoor gereeld hoe die taal se naam rondgegooi word as 'n soort magiese adjektief – as iets “Afrikaans” is, is dit om die een of ander rede sommer net beter++. Afrikaanse musiek deur Afrikaanse “kunstenaars”, 'n Afrikaanse vakbond, Afrikaanse [...]

Posted in Taal | Also tagged , , , , | 15 Comments

Die skoen pas al te goed

Weeklikse lava lamp respawn: Sy't so baie, dag ek by myself – en dan wil sy wragtig nóg hê! En hier’s net so baie klere in haar kas wat gelaai moet word – en sy sê elke keer as daar 'n funksie is sy't nie genoeg daarvan nie. Dan wil sy nog gaan koop. Nooit [...]

Posted in Media | Also tagged , , , | 8 Comments

Ek het ‘n kousband gekraam

Die weeklikse lava lamp flonker weer: Neem troues. In wese is dit seremonies met 'n uiters nougesette protokol: Bruid in wit rok. Bruidegom in snyerspak. Troumars. Gaste staan. Skoonpa gee bruid weg. Preek. Ringe. Soen. Konfetti. Onthaal. Bruid beskryf as mooiste ovumdraer op gods groene aarde. Dans. Troukoek kerf. Kousband en ruiker slinger. Bedankings. Bruidegom [...]

Posted in Sommer | Also tagged , , | 7 Comments