Archive for seks

You are browsing the archives of seks.

Die probleem met Zuma se seksuele avonture

Die probleem met President Zuma se seksuele avonture is nie die seks nie. ‘n Argument teen die president wat ‘n morele ondertoon het, is vir alle praktiese doeleindes ‘n nuttelose argument. Om aan te voer dat hy ‘n bepaalde seksuele moraliteit uitleef of verteenwoordig, dat daardie moraliteit nie strook met hoe ‘n president veronderstel is [...]

Iranese seks

Ek het my eerste spam uit die Midde-Ooste gekry (of ten minste raakgesien – ek’s seker daar’t al duisende sonder my medewete in Akismet gesterf). En nes dit goeie spam betaam, gaan dit oor seks: Nuus *** Vandag het die Iraanse seks webwerf hierbo en sien in die skakel tussen die blog .. baie interessant [...]

God pwn seks, satanisme en appels

God pwn seks, satanisme en appels

Die onderstaande grafiek stel verskillende sleutelwoorde per maand vir ‘n klomp Afrikaanse blogs voor. Dis uit onvoltooide data saamgestel, maar wys duidelik dat Afrikaanse bloggers daarvan hou om die G-woord te gebruik. (En dat hulle nie so lief is vir appels nie. Skandalig.)

Herschelle Gibbs en die seks sonder die seks met die seks sonder die seks sonder die seks

Right, so Herschelle Gibbs het ‘n seksvideo en ek moet vandag iets daaroor skryf anders gaan ek nie munt slaan uit die miljoene hits wat ek daarvoor gaan kry nie. SEKS! BAIE SEKS! STOMENDE WARM SEKS! … Srsly, though, ek is nie seker ek verstaan presies wat Rapport se berig daaroor probeer sê nie. Ter illustrasie [...]

Wat skort dan nou juis met seks?

Wat skort dan nou juis met seks?

Wens julle nie ook soms mense wil minder skinder en meer dink nie? Die veelbesproke Joost van der Westhuizen-video noop ‘n mens om te herbesin oor die dood van Kuisheid. (Dis nes die Nietzchiaanse dood van God, behalwe dat dit oor seks gaan ek dit sopas opgemaak het. Ha!) Toe Nietzche in die 1800′s aangevoer [...]

Seks, die sokkiemanier

Vanweë ‘n sameloop van omstandighede het ek die afgelope paar dae talle Afrikaanse musiekvideos gesien. Wat veral opvallend is van baie, sal ons sê, sokkietreffers, is dat daar ‘n taamlike groot beheptheid met seks daarin weerspieël word. Musiekvideos het meermale ‘n horde skraps geklede meisies wat suggestief lyfswaai en baie vreemde eufemismes vir enigiets onder [...]

As jy dom is, moet jy spat

Sal jy seks hê op die N1? Tussen ‘n trop roofdiere? In ‘n skietgeveg? Op ‘n heuwel gedurende ‘n donderstorm? Langs ‘n landmyn? Voor ‘n vliegtuigturbine? Onder ‘n vuurpyl? In Antarktika? Nee? Hoekom op dees aarde dan op ‘n treinspoor?