Tag Archives: Stultus

Voorskou

(Nominasies vir die SA Blog Awards is nou oop.) 'n Paar aande gelede het ek doodluiters in 'n bossie voor Admin-A gepiepie. Niemand (behalwe 'n goeie vriend wat kywie gehou het) het my gesien nie; in totale verlatenheid kon ek, met 'n BP pie onder die blad, 'n uitgelate straaltjie van tevredenheid na buite wend [...]

Posted in Matieland | Also tagged , , | 10 Comments

In Retrospect (Gee terug my flits)

Ek het vanmiddag op 'n sigkopie van my heel eerste Stultus© afgekom, geskryf toe ek 'n jeugdige 16 jaar oud was. Dis in my hoërskool se koerantjie gepubliseer, waar ek, Mai-Li en die legendariese Juffrou Emery (wat ons gedwing het om Shakespeare te lees) redakteur gespeel het. Saam het ons meer kere stokkies gedraai om [...]

Posted in Self | Also tagged , | 1 Comment

‘peupel jou hier, ‘peupel jou daar…

Is jy talentvol? Is jy gemotiveerd? Smag jy na die glanslewe van rocksterre, die lywe van supermodelle en die vernuf van die Pous se toespraakskrywers? Droom jy soms dat Suid-Koreaanse suiwelfabrieke na die mos in jou koffiebeker se boom vernoem word? Post dan 'n idee vir die volgende Stultus© as kommentaar op hierdie entry. Dis [...]

Posted in Matieland | Also tagged | 2 Comments

Stultus herrys

In my matriekjaar het ek Naspers se nasionale prys vir “beste rubriek in 'n skoolkoerant” gewen. My Engelse juffrou het van my skryfwerk agter my rug ingestuur – toe ek weer my oë uitvee, was ek bo-op 'n baie hoë gebou in Kaapstad, kliphard besig om vingeretes te verorber. Nou, na amper drie jaar se onthouding van rubrieke neerpen, is ek [...]

Posted in Matieland | Also tagged , | 4 Comments