Tag Archives: suid-afrika

Godverdomme, witte jy

Dit was nie 'n tradisionele bachelors nie. Niemand was dronk nie. Ons het rustig rondom 'n braaivleisvuurtjie gekuier en oor koeitjies, kalfies en kantoorpolitiek gepraat. Koshuisherinneringe is die een na die ander opgehaal. Dit was heerlik om weer ons universiteitsdae te herleef. Toe dit tyd geraak het om die vleis te eet, het een van die ouens leiding geneem en, amper soos 'n vaderfiguur, gemaan…

Posted in Essays | Also tagged , , , , , , | 20 Comments

“Dis goed dat Christene vir ‘n slag weer opstaan”

Soos dit Woolworths se goeie reg was om hul oorspronklike besluit op sy kop te keer, so is dit enigiemand se goeie reg om positief daarop te reageer. Om van die ommeswaai te hou, is nie as sodanig “verkeerd” nie. Interessant wel, is hoe hierdie frase keer op keer opduik wanneer daar oor die voorval gepraat word, maar dat mense skynbaar nie verder as die blote woorde dink nie.

Posted in Essays, Godsdiens | Also tagged , , , , , , , | 9 Comments

Die dag wat Kurt Darren onbenullig is

Baie mense wonder, tereg, hoe transformasie “gemeet” moet word. Hoe weet ons regstellende aksie “werk”? Wanneer sal ons amptelik kan sê dat die maatreëls wat ingestel is om die ongelykhede van die verlede uit te wis, suksesvol was? Ek wil myself verstout en sê dat die antwoord eenvoudiger is as wat baie mense dink. Dit [...]

Posted in Politiek | Also tagged , , , | 9 Comments

Wie is dit werd om te ly in Suid-Afrika?

Chomsky en Herman (2002: 31) skryf oor die skep van digotomieë in die Amerikaanse medialandskap (eie paragrafering toegepas ten einde lees te vergemaklik): By definition, news from primary establishment sources meets one major filter requirement and is readily accomodated by the mass media. Messages from and about dissidents and weak, unorganised individuals and groups [...] [...]

Posted in Media | Also tagged , , , , , , | 1 Comment

Tenzin, Bob en die demokratiese ideaal

Toe Thabo Mbeki sy stille diplomatiek aangaande Zimbabwe gebesig het en ten spyte van alle kritiek daarop aangedring het dat die land se probleme met gespreksvoering opgelos moet word, was hy besig om aan 'n demokratiese ideaal vas te klou. En toe was dit nie goed genoeg nie. Laat vaar die ideale en val die [...]

Posted in Politiek | Also tagged , , , , , | 14 Comments