Tag Archives: verkiesing 2009

Raka! Raka! Raka!

Mense kla oor 'n 2/3de-meerderheid vir die ANC asof dit die mees vreesaanjaende ding in die wêreld is. Die retoriek is gewoonlik: Jacob Zuma is 'n kroek! 'n Groot kroek! En hy weet hy is skuldig, so nou gaan die ANC die grondwet laat verander sodat hy kan aanhou kroek en nie tronk toe gaan [...]

Posted in Politiek | Also tagged , , , | 22 Comments

22 April 2009 – Ek, ontheemd

Nes Khaya Dlanga (YouTuber van formaat) het ek ook 'n negatiewe stemervaring gehad. Syne was traumaties, myne weemoedig. Ek het by 'n pragtige klein gemeenskapsaaltjie in Idasvallei, Stellenbosch gaan stem. Anders as die Stellenbosse stadsaal, waar mense tot twee ure in 'n ry gewag het om hul kruisies te trek, het dit my nie eers [...]

Posted in Politiek | Also tagged , , , , , , , , , | 10 Comments

22 April 2009: Sy sien webbe roer

Sorrie, Eybers. Boer in Ballingskap het 'n weldeurdagte interessante inskrywing gemaak waarin hy meen dat die opkomende verkiesing bloot 'n formaliteit is. Twee dinge van sy betoog het by my bly vassteek, naamlik dat Suid-Afrikaners nog steeds hopeloos te behep is met ras en op grond van nostalgie vir die ANC sal stem en dat [...]

Posted in Politiek | Also tagged , , , , | 6 Comments

Kan almal nou ophou bitch oor die ANC?

Ek sit nou die aand in 'n bekende kettingrestaurant (daardie een waar almal altyd verjaar) en gesels met 'n klomp vriende oor politiek. Die een helfte reken die DA is God’s gift to mankind, die ander is taamlik onseker, selfs apaties, oor die komende verkiesing. Ek bevind myself in laasgenoemde kamp (hoewel ek geensins apaties [...]

Posted in Politiek | Also tagged , , , , | 29 Comments