NagVulletjie

Een van my tande het gister losgekom. Sy't tergend oor my tong geleun en, soos 'n drenkeling op 'n geroeste reëling, in 'n speekselsee omgekantel. Ek het die beeshaas op my bord eenkant gestoot en weemoedig geween. Terwyl my breinlobbe rondgemaal het oor my verlies, het die res van my tande die een na die ander begin uitspring – stuk vir stuk het hulle verbrokkel en raserig, soos besetenes, in my kieste neergekletter. Toe die stof en die speekselsproei uiteindelik gesak het, het ek nie 'n enkele tand meer oorgehad nie. Al wat oorgebly het, was 'n wond aan my wangwand en die hopies tandskrapnel neffens die beeshaas op my bord.

This entry was posted in Prosa and tagged , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>