Sien Rooi? Kontak Pers…

Ek is 'n vriendelike vent wat dit meestal regkry om verdraagsaam teenoor my medemens op te tree. Wanneer ek egter uit die slaap gehou word, raak ek behoorlik die josie in. (Lees: B3f0k) So beleef ek dan nou ook die besondere irritasie om aan Eendrag se kant van Helshoogte slaap – 'n dilemma, aangesien daar soms besete dronkaards op hulle stoepe kuier. Ek het dus die volgende brief aan Die Matie gestuur…

Oop Brief aan Onbekende Eendragter

As jy nog één keer in jou dronkenskap gaan gil dat 1. My ma in jou bed lê 2. Jy in my ma lê of 3. Ek en my koshuis 'n nomenklatuur is vir die talle beskrywings van geslagsdele wat jy in die vroeë oggendure uitdink, sal ek A. Uit my warm bedjie opstaan B. Aantrek C. Drie verdiepings na benede klim en D. by Helshoogte se voordeur uitloop. Daarna sal ek sistematies rondom jou koshuis begin beweeg ten einde by jou (sluimerende) inwonende hoof uit te kom.

Ek sal herhaaldelik aan sy voordeur klop totdat hy dit vir my oopmaak. (Omdat dit dan reeds vier-uur die oggend sal wees, sal hy betreklik nors daaruit sien.) Ek sal hom kalm vra om my te volg en hom stelselmatig na jou kant van die koshuis lei, waar jy na alle waarskynlikheid nogsteeds luidkeels besig sal wees om punte 1, 2 en 3 aan Helshoogte te verkondig deur jou groot, oranje traffic cone.

Omdat hy 'n gesoute inwonende hoof is, sal hy jou betreklik vinnig eien. Dit is is my bede dat hy jou sotlike self met mening sal skop, 'n tugsaak of twee teen jou sal maak en jou jammerlike bestaan in Eendrag so spoedig moontlik sal beëindig. Andersins sal ek jou mildelik kom kasty met stomp voorwerpe totdat jou larinks soos 'n ontslape rommelhoop lyk.

Bekstil. Ek wil slaap.

Ontstoke Hoender

Lieflik…

This entry was posted in Matieland and tagged , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>