Maryke (21) het gister haar verjaardagpartytjie gehou. Ná die partytjie het ons Strand toe gery om aarbeie en roomys op die sand te gaan eet. Die wind het egter besluit om alles (insluitende ons) uit die pad uit te vee – ons het opgeëindig in 'n klein roomyswinkeltjie en die aarbeie met 'n geskater rondom gladde houttafeltjies afgesluk.
Markus, 'n kunsstudent, het die volgende (links) kwytgeraak met vier plastieklepels en 'n muwwe aarbei…