StemToon
Ek het uiteindelik op die lawaaiwa van meningspeilings geklim. Van vandag af sal daar weekliks kwessies van uiterste belang onder die loep kom, waaroor julle hier kan stem. Die amptelike resultate sal na sewe dae in ‘n netjies geproefleesde inskrywing bekend gemaak word. Ek beskou die proses as die kulminasie van digitale demokrasie en goeie smaak.
Is Annelie JOU held? Kliek op Vraag vir die Week en laat jou stem hoor.


Ek dag eers hierdie post handel oor Annelie Maré. Ek was amper bang dat jy ‘n stalker is of iets, wat ek in elk geval vermoed jy is.
Reply
Ek het ook so gedink
Reply
Annelie van Rooyen – Heldin, Vriendin, Stylkoninging, Vreemdeling, pragsing.
Want hoe sê mens nou eintlik dankie sonder:”Hoe sê mens dankie, na al die jare?”
As bogenoemde jou laat dink ek hou haar kiekie onder my kussing.. is jy verkeerd..
“Ek glo” sy is ‘n vroulike spesie van Jurie Els met ‘n titsel Bles in haar boesem vasge ets….
Reply
o, en so toevallig, ek is mal oor hierdie nuwe stemsituasie…
Bring it on!!!!!!!
Reply
Annelie van Rooyen is nog ‘n mens wat musiek maak en sing en geld verdien. Sy sing mooi en ten minste ken massive baie mense haar naam.
So dalk laaik jy haar of dalk nie. Hiers jou kans om jou identiteits frustrasie uit te leef, bietjie skel oor jou ma se LP en stem dat jy haar nie in jou lewe sal laaik nie.
Ek dink sy ok, ek sal egter nie haar CD koop nie.
Reply