Drie interessante brokkies inligting waarop ek afgekom het terwyl ek vir gisteroggend se vraestel geswot het:
1. Die eerste volledige lewer is uiteindelik met behulp van stamselnavorsing gegroei. Dis 'n miniatuur lewertjie, omtrent so groot soos 'n muntstuk, waarop medisyne en ander onetiese dinge getoets kan word. Voordeel? Niemand beswyk aan 'n mediese toets nie. Nadeel? Geen. (Pun intended.)
2. Koeitjies en kalfies: Sbu Mpungose herevalueer die idee agter lobola.
3. Amerikaanse wetenskaplikes het 'n mutasie van die VIGS-virus ontwerp wat lyk asof dit die oorspronklike virus suksesvol kan onderdruk. Navorsing is nog in die beginfases en slegs 'n paar pasiënte is getoets. ‘n Ander metode, waartydens MIV met radioaktiewe teenliggame gebombardeer word, is ook in die pyplyn.