Graattt

Gister, omstreeks 10:37:39 AM (dis nou as die file creation date van my pa se kamera reg is) het ene Prof. Hennie Kotzé, hoof van die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte, my doopname gelees, oor sy bril na my geloer terwyl Prof. Russel Botman 'n Harry Potter-hoed oor my harspan gevoeter het en geïnspireerd in sy agterent gekrap. (Goed, hy het nie, ek het die gatkant van daai sin uit 'n Etienne van Heerden novelle gesteel. Beskou dit as 'n interteks.)

Ek is dus nou in besit van een (1) BA-graad, drie jaar se heilsame studentepret iewers agter my ruggraat en 'n opgewonde innerlike seuntjie wat nie kan wag om in 2007 met sy nagraadse studies te begin nie. (Kaalnael, enigiemand?)

(Om die een of ander rede het ek vandag 'n das gedra. Dis toevallig die einste das wat ek vanjaar na my huisdans gedra het – hier’s 'n foto van my en Yvette voor die tyd.)

das-man.jpg

This entry was posted in Matieland and tagged , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>