Die wonder van wurms

Weens 'n wurm (die digitale soort) het ek gister my hardeskyf geformateer. Dis besig om 'n jaarlikse ritueel vir my te raak – rugsteun, formateer à la NTFS, kopiëer alles terug en staar in verwondering na al die leggers wat oor die bestek van 'n jaar op my hardeskyf geakkumuleer het. (Afrikaanse rekenaarterme is nié vir mense met swak harte nie.)

natal-vakansie-172.jpgOnder andere kom ek toe op hierdie foto af, wat my vermoede staaf dat ek iewers familie met meer melanien as ek het. Ek het hulle in Natal gevind, skuins neffens die koperwaens by die Slag van Bloedrivier, by 'n Zulu gedenksentrum. Ons het sommer vinnig by mekaar aanklank gevind. Hulle het my fassinerende stories vertel van boere wat die kat in die stat geknyp het, terwyl ek opgewonde “Umwini Omkhulu” (my nuwe Zulu naam) probeer uitspreek het. Ons het beskuitjies geëet. So verruklik was die ontmoeting dat ek amper nie wou huistoe gaan nie. Ek sukkel nou nog om die feit te verwerk dat hulle nie vir my 'n kerskaartjie gestuur het nie.

Het jy wurms?

(Pols is weer aan die gang. Haas jouself na hulle oorsig van die jaar in foto’s.)

This entry was posted in Self and tagged , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>