Snip-snip

Tony Leon het nié op Saterdagaand 6 Januarie 2007 na Running with Scissors by Die V&A Waterfront se Cinema Nouveau gekyk nie. Ek weet dit, omdat ek hom daar gesien het en hy nie in dieselfde teater as ek ingeloop het nie.

Ek is seker Die Son sal 'n volle R5 betaal vir die vorige paragraaf.

Running with Scissors is snaaks. Skreeusnaaks. En ontstellend. Die film is gebaseer op die lewe van 'n jong Augusten Burroughs, wat deur sy bipolêre ma aan 'n sielkundige en sy eksentrieke familie afgesmeer word. Hy knoop 'n verhouding met een van die pasiënte aan (‘n drie en dertigjarige pederas) en lewe in absolute chaos. Op 'n punt lees die sielkundige, wat 'n maniese obsessie met Freud het, sy eie toekoms in 'n toilet. Sy vrou eet hondekos.

As hierdie 'n resensie was, sou ek die film goed bepunt het. Dit is nie, so ek gaan kla oor die klankkwaliteit van – as ek reg onthou – Cinema Nouveau se Cine 5. Dis afgryslik. Die hele fliek deur was daar 'n aaklige gesis wat by die luidsprekers uitgepeul het, wat óf dui op slegte toerusting óf op 'n slegte kopie van Running with Scissors. Ewenwel is dit nie die soort kwaliteit wat 'n mens soek as jy deur jou stuitjie betaal het vir 'n “art-movie” nie.

Tony Leon se vrou is blond.

This entry was posted in Film and tagged , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>