…wat by my opgekom het terwyl ek 'n beter codec gesoek het om klein voorskou-snippets vir een van Helshoogte se vensterkarakters (‘n nuusleser) te render:
1. 'n Afkeur aan anglisismes is 'n afkeur aan Afrikaans. Engels is eeue ouer as Afrikaans; dit het 'n swetterjoel idiomatiese uitdrukkings, oneindig meer dialekte en 'n literêre geskiedenis waarvan ons maar net kan droom. Binne die destydse kader van Afrikanernasionalisme (wat hoofsaaklik maar die oorsaak was van die boere van ouds wat Engels as die Satan self afgemaak het) is kakietaal as (on)suiwer kak (sic) beskou – juis om te skop teen die beskouing dat Afrikaans 'n kombuistaal is. Om jou neus op te trek vir anglisismes is om onbewustelik te erken dat Afrikaans minderwaardige nomenklatuur is. (Het jy immers al iemand hoor kla oor Maleisianismes?)
2. Eerstejaarskampe is soos seks voor die huwelik. Jy het net een kans om te besluit of jy dit wil doen en nadat die besluit geneem is, sal jy nooit weet of die ander keuse beter sou uitdraai nie.
3. Russel Botman se grasperk moet natgelei word.
