
Om kitaar in 'n punkband te speel, is soos om toneel op 7de Laan te speel. In beide gevalle beskou “kenners” jou as minderwaardig. Speel jy punk, is jy 'n kitaarspeler met 'n lui linkerhand; vertolk jy soetsappige rolle op 'n sepie, kan jy nie toneelspeel nie. Dit terwyl beide moeiliker is as wat dit lyk.
Ek het eergister vir +44 ontdek. Die supergroep (wat bestaan uit lede van Blink 182 en Transplants) maak aangrypende punk. Kan daar dan iets soos aangrypende punk wees? Natuurlik kan daar iets soos aangrypende punk wees. Skaf die CD vir jouself aan. Luister verby die temende stemme, die tattoos en die tienerangs en verloor jouself in die eenvoud daarvan. Die emosie. Die onopgeplaktheid. Dood is nie almal se beste maatjie nie, maar as jy dit kan oorrompel met 'n elektriese kitaar en polsende dromme het jy, myns insiens, veel verder gevorder as wat enige sielkundige jou ooit sal kan kry.
Fall asleep with the windows open
Come to me with the worst you’ve said and done
You’ll close your eyes and see me
A little death makes life more meaningful
I stand no chance at all
Please, sleep my darling, sleep
Your car crash in slow motion
Won’t upset the pace on distant stars
And one by one the years of our lives
Stumble as the moments pass
So please hold on, so please hold on
(uit Little Death)
Lank lewe die powerchord.