Nieteenstaande die feit dat 'n versekeringsmaatskappy vir vroue my kringspier moerig laat saamtrek, is advertensies soos dié vir my erger:
(van DieBurger.com)
Dis selfs erger as die woord “desalnietemin”.
Waar is daar dus werk vir taalstudente, broers en susters? Daar waar daar tekste is, natuurlik. Maar waar kom hierdie tekste voor, liewe gemeente?
Hulle is daar as jy die televisie aanskakel of graanvlokkies uit 'n kartondoos werp. Hulle wag vir jou op die Viagra-pamflet in jou onderlaai en die waarskuwing op jou sigaretboksie, skuil onder Coke-doppies, op etikette en in jou gunsteling Jurie Els-treffer. Hulle is orals. Hulle is alles. Kortom – hulle is jy.
Selfs al eet jy pizza.
