Monthly Archives: July 2007

Kardiovaskulêr

Johan Swarts is toe nie net sy bagasie op toer kwyt nie – iewers langs die pad het hy ook sy hart verloor. En dis goed. En dis lekker.

Posted in Sommer | Tagged | 20 Comments

DigBy: Transformasie

— tor-teodisee eers: die triomfantelike flakker van vlerke swierig in die maanlig, gepantser en geveer omgeef met membraan en eksoskelet stip, soos die Horlosiemaker blindelings dikteer. dan: paniek in die voelers. flitsbeelde van dop en mandibel, spigtig asof kreet uit aar en spier opwel wyl harsings stuif en vliese grif in fletsrooi vleis op glas. [...]

Posted in Poësie | 23 Comments

Toer

Ek maak hierdie inskrywing op 'n plaas buite Trompsburg met 'n 33.6k modem. My oë val oor my voete. Ek is moeg. Kwaad ook. My bagasie is vanoggend vroeg in Bloemfontein onder my neus uitgesteel. Ek het die afgelope week in 'n badkamer op Orkney gaan huil, Scheizer-Reneke se brakwater (waarvan die waterbron onder hulle [...]

Posted in Godsdiens | Tagged , , | 15 Comments