Uterus. Emosies.

baarmoeder_back-4.jpg

Ek glo in min dinge.

Goed, dis effens van ‘n leuen. Ek glo verskeie dinge, baie daarvan my onderbewussyn se skuld. Maar ek verbind myself weinig aan goed. (Klassieke geval van commitment issues, seker maar.) Die hoop beskaam egter nie – benewens lemoensap en long walks on the beach is daar iets waarby ek myself met al die liefde in die wêreld sal skaar.

BaarmoederGevoel.

Nie omdat hulle musiek vars en intelligent in eenvoud is nie. Nie omdat hulle lirieke (hoewel dit plek-plek skaafwerk kort) soms kwessies aanspreek waarvan ander liriekskrywers nie eers bewus is nie. Nie omdat ek met hulle bevriend is of hulle ‘n funky website het nie.

I just love’m cause they make me move:

No audio files uploaded, make sure you added it as audio.

Van waar ‘n naam soos BaarmoederGevoel?

Dawid [hoofsanger] het geswem en toe tref dit hom soos ‘n nat vis. Die veilige gevoel van op die bodem van die swembad lê, (nie wat jou ma vir jou sou sê nie) die vrede wat jy beleef sonder die geraas van werklikheid, die nattigheid van in water wees.. dit was ‘n BAARMOEDERGEVOEL.

Hou hulle dop.

(Die opname is gemaak tydens ‘n braai en is nie bedoel om professioneel te klink nie. Dawid, hoofsanger, het tjoppies staan en omdraai terwyl hy gesing het. Tussen-in het hy gemymer dat dit nogal lekker sal wees om eendag kommentaar te kry by baarmoedergevoel@hotmail.com.)

Post to Twitter

16 Responses to “Uterus. Emosies.”

  1. :) Ek hou hiervan. Dis ronde musiek. Nice kitaar!

    Maar. Ek kan nie die woorde uitmaak nie. Miskien is dit die klank kwaliteit wat alles ‘n ekstra nasale afwerking gee?

    Reply

  2. cool, laat kom maar ‘n demo!

    Reply

  3. idiwidi – is nice, eh? ek luuuuurve die pinch harmonics aan die einde :-)

    dawid sing nogal onduidelik daar. ek dink dis oor die algemeen ‘n probleem wat hulle moet begin aanspreek. maar die klankkwaliteit dra verseker by tot die probleem.

    ek wens ek kan hulle in ‘n studio kry.

    Reply

  4. Dis great! Dankie dat jy ons daaraan bekendstel!

    Reply

  5. Hey, thanks vir die positiewe terugvoer (eks in die band btw, die persoon met wie hy bevriend is)

    Die onduidelike sing ding is iets waaraan ons nog wil werk, maar dit kan dalk bietjie lol aan sy unieke klank. Dit sal baie beter klink in ‘n studio wel, waar hy nie sag hoef te sing en net 2 takes per song gedoen word nie, wat die geval was met hierdie recordings.

    PS: Die website gan nog reg/klaar gemaak word sodra ek tyd kry.

    Reply

  6. sjoe, ek dink ek’s verlief.

    wanneer doen hulle ‘n gig in Stellies? of toemaar, sal op die website gaan kyk?!

    Reply

  7. hulle speel hierdie naweek by Lentelawaai 2007 in die battle of the bands. ek dink dis by black bull.

    check http://sun.facebook.com/event.php?eid=4662682365&ref=mf vir meer info. en gaan mosh ;)

    Reply

  8. hey j
    het ja al gehoor van Wasserfall…. check hulle bietjie uit!

    Reply

  9. nope, is hulle duits? ;)

    ek sal graag wil hoor. waar kan ek hulle in die hande kry?

    Reply

  10. Wow….eks speechless….min mense kan dit regkry…dit wat my vang is seker dawid se heserige stem? Soos jan blohm en nickleback….nice :-D

    Reply

  11. As gevolg van Boertjie (ons skool se adjunkhoof) kan ek nie by God made sex comment nie….baie jammer…hoop jy sal my kan vergew, maar ek stem saam. Ek dink dalk die mensdom se kreatiteit het opgedroog en daar is niks meer om te blameer nie. Dis soos kos. Jy moenie moan as jy vet is nie, dis JY wat eet…JY maak self die besluit.

    Reply

  12. jy kan met liefde comment soveel as wat jy wil. jy weet dit mos nou al. toe, iemand moet nog die R50 e-mali wen ;)

    Reply

  13. nope hulle is afrikaans as jy my ‘n epos of iets stuur dan sal ek jou ‘n cd laat kry, hulle lirieke is brilliant!

    Reply

  14. Hi Johan. Jy kan Wasserfall se musiek luister by http://www.wasserfall-band.co.za of http://www.reverbnation.com/wasserfall

    Hoop jy geniet dit !!

    Reply

  15. Dewald

    Ek het gaan luister en dit baie geniet. Lekker solid musiek. Doe zo voort! En stuur tog comps as daar iewers ‘n gig rondom Kaapstad gebeur ;)

    Reply

  16. vrede in
    jy het my nooit vertel jy het ons in jou blog gesit nie? dis nogals kewl, shot johan. ons sal probeer om beter recordings te he na nader aan volgende jaar maart. ons speel ook dan by die RAKA fees in februarie (tjek dit uit op facebook). dis ‘n groot nuwe fees met al die note wat jy wil hoor. geniet die vakansie
    vrede uit

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled