Die traangas val op die appelgraf en sis soos steak in 'n pan. Fok. My oë begin traan. Wat sou Pannevis doen? Skree, seker. Pannevis het 'n tong gehad.
Dan maar bid.
Ek draai na die lam van God. My knieë raak appelmoes en ek val voor hom neer. Buite gil die kaptein.
“Een!” Ons lam op die planke.
“Twee!” Laat u pan geheilig word.
“Drie!” Laat u appelboord kom.
En verlos ons van die stormram.