Hoekom is rockbands cool? Hulle lipsync nie. (Daar is min goed so lafaartig soos 'n lipsinker.) Hoekom is Foto Na Dans Cool? Hulle sketter-sketter soos Muse gekruis met Placebo, ingeënt met 'n trompet. Hierdie kêrels is die naaste wat Afrikaanse musiek tans (op 'n liriese vlak) aan Surrealisme kom:
Terwyl Britney Spears soos 'n olifant op tik in 'n tutu lyk by die MTV Video Music Awards, is Foto Na Dans se eerste vollengte album, Intervensie, nou beskikbaar vir algehele luistergenot by uitgesoekte CD-winkels. Kry dit nou. Doen dit vir jou land.
As jy nog oortuiging kort, click hier. Wag vir die bladsy om te laai en luister na “Vergeet van my” (dit behoort vanself te begin speel.) Toe nou. Hoe kan jy nié daarvan hou nie?