In die komende paar maande gaan ek en Melanie du Toit 'n kort kortfilm van scratch af beplan en vervaardig. Die onderwerp? Babas.
En omdat ons dink julle is onsettend funky, soek ons julle idees. Wat kan baba’s doen wat volwassenes nie kan doen nie? Hondekos eet? Vloermoere gooi in kettingwinkels? Kaal oor die strand hardloop?
Die beste idees sal saam met ons s’n verfilm word en met die betrokke blogger se naam en (indien toepaslik) blog url in die credits geakkrediteer word. Die film(pie) gaan by 'n onafhanklike televisiekanaal ingesmokkel word, so jou leserstal mag dalk 'n aansienlike hupstootjie kry. Dit sal ook op YouTube wees.
Waarvoor wag jy? Carpe gloria!
(As jy 'n 3CCD kamera wil skenk, is jy natuurlik ook meer as welkom.)