Holy_Calamity van Slashdot skryf:
Sony and the University of Alabama are working on a gigapixel resolution camera for improved satellite surveillance. It can see 10-km-square from an altitude of
7.5 kilometres with a resolution better than 50 centimetres per pixel. As well as removing annoying artefacts created by tiling images in Google Earth and similar, it should allow CCTV surveillance of entire cities with one camera
Slegs een kamera om 'n hele stad te monitor. Indrukwekkend. Maar vra jouself as blogger die dieperliggende, filosofiese vraag: is dit sinvol? Kan hulle jou regtig met so 'n kamera vang [roekelose blogverwante werkwoordstuk hier]? Behalwe as jy erosie of voëlmisvlakke wil meet, maak dit tog net sin om van surveillance te praat as daar mense betrokke is – beide voor én agter die kamera’s. En bloggers het mos nou die liederlike gewoonte om in geboue weg te kruip. Hoe gaan satteliete ooit 'n kaart van bloggers maak?
Die antwoord is natuurlik: hulle gaan nie. Hulle gaan ons nooit karteer nie. Daar is nie 'n satteliet in die wêreld wat dit kan doen nie. Daarom moet ons dit self doen.
In samewerking met die Afrikaanse blogosfeer word die eerste blogging tydskrif in die geskiedenis (ooit) binnekort saamgestel. Daar is soveel goeie inskrywings in omloop dat dit tog net sinmaak om die bestes te boekstaaf (of dan te .pdf) en te versprei. 'n Paar administratiewe dingetjies moet natuurlik eers gebeur:
- Die tydskrif kort 'n voorbladontwerp
- Die tydskrif kort algehele uitleg
- Keurders moet opgespoor word.
- Inskrywings moet gevind en voorgelê word
- Toestemming van die skrywers moet verkry word vir “publikasie”
Ensomeer. Om hierdie enorme taak die hoof te bied, is 'n nuwe blog geskep. Maak vandag nog 'n draai by [TYDskrif] en deel jou briljante idees met die redaksie. Vertel jou medebloggers van die projek. Vertel jou ma. Hel, vertel sommer vir Steve Hofmeyr. Link dit in jou blogroll. En gaan delf in jou argiewe vir die beste posts – die wêreld verdien om dit te lees.
